Republikein vier 40ste saam met Windhoek Woordfees

Ronelle Rademeyer
Wat is ware nuus en wat is fopnuus? Dié vraag is een waarmee baie lesers worstel, veral ná die Amerikaanse presidentsverkiesing verlede jaar en die gissings oor wat die waarheid is en wat onsin is in beriggewing oor pres. Donald Trump.

Prof. Herman Wasserman, hoof van die Universiteit van Kaapstad se Sentrum vir Film- en Mediastudies, bespreek dié onderwerp vanaand tydens die Filosofiegesprek by die Windhoek Woordfees met die ­politieke ontleder prof. André du Pisani en die redakteur van ­Republikein, Dani Booysen.

Hierdie gesprek oor hoe om die joer­nalistieke kaf van die koring te skei, begin om 18:00 by Maerua Rooftop en maak deel uit van die viering van Republikein se veertigste bestaansjaar, wat in Desember 'n hoogtepunt bereik.

Die koerant se stigtersredakteur, dr. Jan Spies, word môreaand tydens die Storievuur vereer wanneer sy bydrae tot die kuns van storievertelling gevier word. Sy seun, Barend Spies, wat hierdie talent by sy pa geërf het, gaan ook om die vuur kuier en die gehoor met sy stories vermaak.

Dié item op die Woordfees-program begin ook om 18:00 en vind by die Gondwana Shebeen by Windhoek se skougronde plaas.

Môre van 09:00 af kan feesgangers saam met beroemde Afrikaanse skrywers soos Marita van der Vyver en Chanette Paul kuier in Skrywers in Gesprek. Dit vind ook by Maerua Rooftop plaas. Vir meer inligting oor die feesprogram en om kaartjies aanlyn te koop, besoek www.today.com.na/events . Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!