Reputasie aan flarde
Reputasie aan flarde

Reputasie aan flarde

Dani Booysen
Dani Booysen - Sekere soorte ondernemings kan dalk groot skade in reputasie oorleef, maar ‘n bank waarskynlik nie sommer nie.

Vernaam ‘n groentjie-instelling soos Namibië se SME Bank, ‘n staatsinstelling wat feitlik uit die staanspoor in omstredenheid gehul was.

Hierdie omstredenheid het net aanhou groei en op die afgelope maande se skouspelagtige skandaal uitgeloop – ‘n bestuursoorname deur die sentrale bank wat tot ‘n kriminele ondersoek en nou ‘n likwideringsaansoek gelei het.

‘n Tegniese punt van verweer teen likwidasie is Vrydag deur die hoërhof van die hand gewys. Soos in die Avid-skandaal is die hof ook my magte om ‘n verhoor te gelas om te probeer vasstel wat van die geld geword het wat glo by die SME Bank vermis geraak het weens twyfelagtige buitelandse beleggings.

Belastingbetalers het al meer as 400 miljoen in hierdie bank belê en is die grootste aandeelhouers. Hul belange moet deur die staat en regering eerbiedig word.

Volgens hofstukke is daar glo eers ter elfder uur aangevoer dat ‘n sekere bedrag gebruik is om handel in kunsmis deur ‘n Libanese ondernemer moontlik te maak. Hierdie maatskappy het intussen gesê hulle het nog nooit van die SME Bank gehoor nie.

Die tentakels agter die vloei van honderde miljoene dollar tussen Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe – met selfs ‘n moontlike Nkandla-konneksie – dui op die grootskaalse en hoëvlak korrupsie wat volgens persepsie bedryf word, maar selde oopgevlek word.

Die volle waarheid moet uitkom.

Redes om die SME Bank te red, word verdwerg deur redes om die deure te sluit.

So sê ander

6 Julie 2017

Tyd vir kundige vlieëniers in die SAL se stuurkajuit

Dis nie eenvoudig om ’n vloot vliegtuie aan die gang te hou en passasiers veilig by hul bestemmings uit te bring nie.

Sedertdien moes belastingbetalers al meer as R13 miljard opdok vir die ANC-regering se obsessie met ’n nasionale lugdiens as “strategiese bate”. Pas weer het die nasionale tesourie ’n noodklousule in die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies benut om R2,2 miljard uit die staatskas te neem om die SAL se skuld vir hom te betaal.

Kortom, Suid-Afrika het nie ’n nasionale staatsbeheerde lugdiens nodig nie. Veral nie een waarvoor belastingbetalers gemelk word om dit aan die lewe te hou nie.

Maar as die regering volhard met ’n nasionale lugdiens, is dit tyd dat die SAL iemand met bewese lugdienservaring aan die stuur kry. En natuurlik dat daar nie gedurig van politieke hoogtes af ingemeng word nie.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!