Resep van die week
Churros met warm kaneelsjokolade
deur Herman Lensing
Soetgoed is nie juis gewild in Meksiko nie. Hulle eet wel baie sjokolade, maar met speserye by.
6 – 8 porsies
• 250 ml water
• 60 ml botter
• 30 ml bruinsuiker
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 5 ml vanieljegeursel
• 3 eiers
• 1 eiergeel
• sonneblomolie vir diepbraai
• 200 g strooisuiker
• 30 ml fyn kaneel
Vir warm sjokolade
• 300 g donkersjokolade
• 500 ml room
• 20 ml fyn kaneel
Bring water, botter en suiker oor matige hitte tot kookpunt. Voeg koekmeel by en roer met houtlepel tot alles in een bal bymekaarkom. Verwyder van hitte en voeg eiers en eiergeel een vir een by. Meng goed ná elke eier. Voeg vanielje by en meng. Verhit sonneblomolie tot warm in ’n middelslagpot. Skep beslag in spuitsak met ’n 1 cm-tuit. Spuit beslag in worse van sowat 5 cm lank in warm olie en braai tot goudbruin en bros, sowat 5 tot 8 minute. Meng strooisuiker en kaneel. Dreineer churros op kombuispapier en rol dadelik in kaneelsuiker. Plaas al die bestanddele vir warm sjokolade saam in ’n middelslagpot. Roer oor lae hitte tot gladde mengsel. Sit churros voor met warm sjokolade.
-Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie