Reserwebank in hof: ‘Beskerm ons mandaat’
Niel Joubert - Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het gister in die hooggeregshof in Pretoria voortgegaan om sy mandaat te beskerm.
Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het in Junie in ’n verslag aanbeveel dat die Grondwet gewysig word om die Reserwebank se mandaat te verander.
Die Reserwebank versoek ’n dringende hersiening om haar opdrag aan die parlement ter syde te laat stel.
Sy het aanbeveel dat die Reserwebank eerder op ekonomiese groei en transformasie fokus as op die beskerming van die rand.
David Unterhalter, SC, het namens die Reserwebank aangevoer as die bank se mandaat gewysig word soos die OB voorgestel het, sal dit sy kernbevoegdheid verwyder om die rand te beskerm en inflasie in die land stabiel te hou.
Die OB staan nie die Reserwebank se aansoek teen nie. Sy het in Julie gesê sy het op regsadvies besluit dit is nie ’n goeie idee om ’n stryd daaroor in die hooggeregshof te voer nie.
Mkhwebane het in Junie die bevindings van ’n ondersoek na die redding van Bankorp in die 1980’s bekend gemaak. Absa het Bankorp in 1992 gekoop.
Die OB het in die verslag bevind die R1,125 miljard waarmee die Reserwebank Bankorp gehelp het, was onwettig en dit moet van Absa verhaal word.
Die OB se voorgestelde remediërende optrede sal ook ’n negatiewe uitwerking op die onafhanklikheid van die Reserwebank hê.
Die hofsaak kom op ’n tydstip waar die politieke druk op die Reserwebank toeneem.
Daar was sprake van die nasionalisering van die Reserwebank op die ANC se onlangse beleidskonferensie, en hoewel die besluit daaroor uiteindelik in Desember by die party se leierskapskonferensie geneem gaan word, was die mark se reaksie negatief, het Moody’s Maandag gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie