Reserwebank: SA het nog lank nie IMF-hulp nodig
Reserwebank: SA het nog lank nie IMF-hulp nodig

Reserwebank: SA het nog lank nie IMF-hulp nodig

Die president van die Reserwebank sê die oplossings vir Suid-Afrika se ekonomiese probleme bly binne sy beheer.
Bloomberg en Hanlie Stadler – Suid-Afrika se geldsake het nog nie soveel agteruitgegaan dat die land hulp van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) nodig het nie, het Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, Woensdag gesê

Kganyago sê die oplossings vir Suid-Afrika se ekonomiese probleme bly binne sy beheer “en die owerhede weet wat gedoen moet word”.

Hy het dié opmerkings gemaak op ’n middagete met sakejoernaliste in Johannesburg.

Dit kom nadat Sipho Pityana, president van Besigheidseenheid Suid-Afrika, vroeër dié week gesê het as die regering nie die Eskom-krisis beter bestuur nie, gaan die land selfs ’n reddingsboei nodig hê.

Woensdag het Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van die batebestuursfirma Sygnia, gesê die voorbeeld van Griekeland wys hoe vernietigend IMF-hulp kan wees omdat baie streng besuiniging as voorwaarde gestel word.

Peter Attard Montalto, ’n navorser van Intellidex, reken Suid-Afrika is nog lank nie by die punt waar ’n IMF-lening nodig is nie, maar as die regering “voortploeter” soos tans, kan die prentjie oor ’n jaar aansienlik anders daar uitsien.

Op dieselfde geleentheid het Kuben Naidoo, ’n adjunkpresident van die Reserwebank en uitvoerende hoof van die Omsigtigheidsowerheid, ook uiteengesit wat hy reken die ekonomie onmiddellik ’n hupstoot sal gee en die krisisvlakke van werkloosheid sal verminder. Dit sluit in:

· Verwyder beleidsonsekerheid;

· Ken nuwe breëbandspektrum toe; en

· Verander visumregulasies.

Die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee (MBK) noem nou al jare lank met elke tweemaandelikse verklaring dat strukturele hervorming nodig is om ekonomiese groei aan te help. Monetêre beleid alleen kan nie die ekonomie ondersteun nie.

Sedert Julie se rentekoersverlaging het Kganyago en ander lede van die MBK al herhaaldelik beklemtoon dat dit net ’n fraksie tot ekonomiese groei gaan bydra.

’n Verlaging van 25 basispunte in die rentekoers gaan ekonomiese groei in die daaropvolgende jaar met net sowat 0,1% verhoog, het Kganyago op 24 Julie in ’n lesing by Unisa in Pretoria gesê.

Hy sê dié statistiek is op jare se navorsing gegrond. “Die probleem met ekonomiese groei in Suid-Afrika is hoofsaaklik struktureel. Dit kan nie met monetêre beleid verander word nie,” sê hy.

“Monetêre beleid gaan nie die PhD’s skep wat ons nodig het om as land in die vierde nywerheidsrevolusie mededingend te wees nie. Monetêre beleid gaan nie die vaardighede skep wat ons nodig het om ekonomiese groei te bewerkstellig nie. Dit gaan ook nie die gesondheid- of onderwyssituasie verbeter nie.”

“In elke gebied van die ekonomie – mynbou, landbou, toerisme, spektrumtoewysing – is daar beleidsonsekerheid wat investering kniehalter,” sê Naidoo.

Vordering met dié vraagstukke is baie stadig. Die nuwe beleid oor spektrum is wel onlangs uitgereik.

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede aangekondig ’n elektroniese visumstelsel gaan bekend gestel word, waarmee die regering hoop om teen 2020 21 miljoen oorsese toeriste te lok, vergeleke met 10 miljoen in 2018. Geen vordering is nog aangekondig met dié stelsel nie.

Naidoo sê as 5G-breëband in werking gestel word, kan dit investering met 0,25% tot 0,5% van die bruto binnelandse produk laat styg, datakoste verlaag en nuwe markte skep.

As visumregulasies verslap word, wat “met die klik van ’n vinger” gedoen kan word, kan dit tot 300 000 heeltydse poste en 600 000 deeltydse poste vir elke miljoen besoekers skep.

Naidoo sê dis ook net logies dat dit vir vaardige immigrante makliker gemaak moet word om in Suid-Afrika te werk. Vir elke vaardige buitelander kan werk geskep word vir vier ongeskoolde Suid-Afrikaners.

Naidoo sê die Reserwebank vermy gewoonlik gesprekke oor strukturele hervorming juis omdat hy nie wil inmeng met ekonomiese beleid nie, nes die Reserwebank nie wil hê “ministers moet aan ons voorskryf wat om met rentekoerse te doen nie”.

Die onafhanklikheid van die Reserwebank word juis beskou as een van die min sterk punte in die land wat keer dat Moody’s Investors Service die land tot rommelstatus afgradeer. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.72 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 645.50/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.47/lb UP +3.41% | Zinc US$ 3 015.50/T UP 4.27% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 980.29/OZ UP +2.32% #REF!