Reserwebank se beleid het nié verander, sê Cyril
Ramaphosa het daarop gewys die Grondwet sit die rol van die Reserwebank uiteen om die waarde van die geldeenheid te beskerm.
Philda Essop – Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag sy stilte verbreek oor die openbare twis in ANC-geledere rakende die Suid-Afrikaanse Reserwebank en het beklemtoon dat die beleid van die sentrale bank, soos dit in die Grondwet uiteengesit is, nie verander het nie.
Hy het in sy hoedanigheid as president van die ANC gesê die party se topsesleiers het Donderdag die ANC se beleidstandpunt oor die onafhanklikheid en die rol van die Reserwebank, soos dit in die Grondwet uiteengesit is, beklemtoon.
Hulle het Donderdag in Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg, vergader oor onder meer die BBP (bruto binnelandse produk) vir die eerste kwartaal wat op ’n kwartaalgrondslag met 3,2% gedaal het.
In sy verklaring wat ná die vergadering uitgereik is, het Ramaphosa daarop gewys dat die Grondwet die rol van die Reserwebank uiteensit as om die “waarde van die geldeenheid in die belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei” te beskerm.
Voorts bepaal die Grondwet dat die mandaat uitgevoer moet word deur die kabinetslid wat verantwoordelik is vir beleidskwessies se gereelde raadpleging met die regering.
“Die beleid het nie verander nie,” lui die verklaring.
Dit is volgens Ramaphosa die ANC se wens dat die publiek die Reserwebank moet besit. “Ons erken egter dat dit teen ’n koste sal kom wat gegewe ons huidige ekonomiese en fiskale situasie eenvoudig nie verstandig is nie.”
Die president se uitspraak volg ná ’n uitlating van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, dat die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) die naweek op sy lekgotla besluit het die Reserwebank se mandaat moet drasties uitgebrei word.
Tito Mboweni, minister van finansies, en Enoch Godongwana, die ANC se hoof van ekonomiese transformasie, het dit egter ten sterkste ontken. Mboweni het gesê daar is geen sprake daarvan dat die mandaat van die Reserwebank verander gaan word nie, en dat dit deur die Grondwet beskerm word.
Ramaphosa het gesê die ANC se topses beskou die openbare twis oor die mandaat van die Reserwebank as “nie behulpsaam nie” en dat dit die vertroue van die landsburgers en beleggers ondermyn.
Hy het bygevoeg dat daar “breë eenstemmigheid” is dat alle lewensvatbare, wettige en ander beleidsinstrumente tot die ANC se beskikking gebruik behoort te word om te verseker dat die ekonomie weer begin groei en dat werk geskep word.
Ramaphosa se reaksie kom ná kritiek van die DA wat gesê het dit is tyd dat hy en die ANC die regering se standpunt oor die Reserwebank in die openbaar duidelik stel.
Geordin Hill-Lewis, DA-LP, het gesê Ramaphosa se beleid van “stille diplomasie” dra net by tot Suid-Afrika se ekonomiese krisis.
Hy het gesê Suid-Afrika kan nie dié “roekelose uitsprake” van die regerende party bekostig nie, en die gevolglike beleidsonsekerheid sal net voortgaan wat beleggings, ekonomiese groei en werkskepping in die gedrang sal bring.
Die DA glo dat die onafhanklikheid en huidige mandaat van die Reserwebank behoue moet bly.
* Ramaphosa het in Maart vanjaar in vraetyd in die Nasionale Vergadering gesê sentrale banke in die meeste lande behoort aan die mense en dat die ANC nie besig is met ’n “mal program” wanneer hy sê die Reserwebank moet genasionaliseer word nie.
Hy het daarop gewys dat die regerende party ’n baie duidelike resolusie aangeneem het wat sê dat die Reserwebank besit moet word deur die mense van Suid-Afrika. Dit is egter so dat die bank eksterne aandeelhouers het. Daar is slegs sowat ses lande ter wêreld wat eksterne aandeelhouding in hul sentrale bank het. Suid-Afrika is een van hulle. Hy wil nie hê mense moet mislei word en dink die ANC wil hê die land moet voortgaan met ’n “mal program” nie. Dit word oor die wêreld heen gedoen en sal Suid-Afrika se soewereiniteit bevestig. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie