Resessie slag Namibië
Konstruksie, handel, toerisme en landbou groei nou tussen vier en 14 opeenvolgende kwartale negatief.
Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.
Syfers wat gister deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, toon die land se bruto binnelandse produk (BBP) in die tweede kwartaal was ongeveer N$1,27 miljard minder as die eerste drie maande van 2019. Vergeleke met die tweede kwartaal in 2018 het die BBP met nagenoeg N$670 miljoen gekrimp. Ál die bedrae is teen bestendige pryse van 2010 gemeet, wat beteken dit is onder meer vir inflasie aangepas.
Die jongste data beteken Namibië se ekonomie het in die afgelope kwartaal op ‘n jaargrondslag met -2,6% gegroei. Dit is die swakste vertoning nóg in ‘n tweede kwartaal sedert 2009.
Boonop het die ekonomie in die eerste drie maande van 2019 veel swakker gevaar as wat aanvanklik gemeen is. Die NSA se hersiene groeisyfer vir die eerste kwartaal is nou -2,9% vergeleke met die -2,0% van vroeër vanjaar.
Sedert 2016, toe kwartale in die huidige ekonomiese krisis vir die eerste keer begin negatief groei het, was Namibië se gemiddelde BBP vir die eerste ses maande van elke jaar bykans N$53,8 miljard. Die jongste halfjaar-BBP is sowat N$1,5 miljard minder.
Droogte
Net ses uit die 16 sektore van die ekonomie kon die afgelope kwartaal positief groei.
Landbou het vir ‘n skok gesorg deur met -28,1% te groei. Hersiene syfers toon dié sektor het in die eerste kwartaal met -31,4% gegroei, drasties minder as die -6,7% wat die NSA aanvanklik vrygestel het. Landbou is nou reeds vir vier opeenvolgende kwartale in die rooi.
Volgens die NSA het uitvoere van beeste op die hoef na Suid-Afrika en Angola die afgelope kwartaal op ‘n jaargrondslag met 45% gestyg. Sowat 34% meer bees as dieselfde kwartaal in 2018 is aan abattoirs en slaghuise gelewer.
Die risiko bestaan dat boere weens die droogte genoodsaak is om hul teelkuddes te verklein, het die ekonoom van Cirrus Capital, mnr. Robert McGregor, gister gesê. Jare se opbou van kuddes lê voor, het die navorsingshoof van PSG Namibia, me. Eloise du Plessis, bevestig.
“Landbou se bydrae tot die BBP daal sedert 2010 en beloop tans net 3,6%. Desondanks steun sowat tweederdes van die Namibiese bevolking op landbou om te oorleef en sorg landbou, bosbou en visserye vir rofweg ‘n vyfde van alle werkverskaffing,” sê Du Plessis.
Verbruiker
Groot- en kleinhandel, tradisioneel die swaargewig in die ekonomie, het die afgelope kwartaal met -2,0% gegroei. Dié sektor is nou 11 opeenvolgende kwartale in die rooi.
Groot- en kleinhandel se BBP-bydrae teen bestendige pryse was bykans N$2,96 miljard – sowat N$726 miljoen minder as die tweede kwartaal van 2016.
Konstruksie groei nou 14 opeenvolgende kwartale negatief. Groei die afgelope kwartaal was -5,5%.
Die sektor se BBP-bydrae teen bestendige pryse was N$718 miljoen vergeleke met bykans N$1,9 miljard in dieselfde kwartaal van 2015 – die jaar voor die regering met begrotingskonsolidering begin het.
Staatsadministrasie het met -2,7% gegroei, die derde opeenvolgende kwartaal van inkrimping. Gesondheid en onderwys, waar die regering ook ‘n groot rol speel, het met -2,6% en -0,9% onderskeidelik gegroei.
Mynbou
Mynbou is nou amptelik in resessie met twee opeenvolgende kwartale van negatiewe groei.
Die kwynende diamantbedryf op land het veral bygedra tot dié sektor se groei van -20,2% die afgelope kwartaal. Dit is die swakste vertoning sedert die tweede kwartaal van 2011.
Teen bestendige pryse het mynbou bykans N$2,4 miljard tot die BBP bygedra – sowat N$602 miljoen minder as die tweede kwartaal in 2018.
Mnr. Dylan van Wyk, navorsingsontleder by IJG Securities, sê die diamantsektor sal na verwagting onder druk bly, aangesien die diamantprys sedert die begin van die jaar daal.
Hotelle en restaurante, ‘n maatstaf vir toerisme, het met -2,8% gegroei. Dié sektor groei nou vir sewe opeenvolgende kwartale negatief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie