Resessie verander spelreëls vir nywerhede
Boere moet ‘fiks’ word vir nuwe wedloop
Dr. Kobus Laubscher – ’n Ekonomiese resessie in die landbousektor het beduidende voorwaartse en terugwaartse implikasies.
Fokus op groei alleen as teenvoeter vir die resessie kan egter blywende skade tot gevolg hê. Dit is byna soos ‘n atleet wie ná ‘n groot besering sonder rehabilitasie aanspraak wil maak op dieselfde en selfs beter prestasie as vóór die besering.
Resessies sit nywerhede en besighede terug, maar van groter belang is die feit dat indien ‘n nywerheid uiteindelik “regkom”, werklike mededingendheid anders daarna uitsien. Die beseerde atleet moet rehabiliteer, maar in dié proses ook leer hoe om anders te hardloop.
Argumente oor mededingende, vergelykende en absolute voordeel soos omskryf deur die bekende strategie-ghoeroe Michael Porter, word tans uitgedaag en wel tot die mate wat denkskuiwe beslis oorweeg moet word vir behoorlike herbelyning.
Ná-resessie regstellings gaan toenemend as sub-optimaal bewys word, want soos die ekonomies silkies reageer, skuif markte.
Nie alleen verander die vraag binne ‘n mark nie; die aard van mededinging verander ook. Intra-nywerheidsmededinging ten opsigte van herstel en groei van markaandeel, verander na inter-nywerheidsmededinging.
In die geval van die rooivleisbedryf is die hoop gevestig op groei in vraag, want die vraag na lewende beeste en transformasie in die waardeketting is afgeleides van die vraag na verwerkte beesvleis.
Wanneer pryse hoog is soos tydens die kuddeboufase van sê die beessiklus, kry mededigende produkte ’n voet in die deur.
Tegnologie maak dit moontlik om byna identiese produkte beskikbaar te stel.
Onlangse ontledings van die bestanddele van hamburgers het skokkende feite aan die lig gebring. Onder die vaandel van vleis is verbruikers om die bos gelei.
Van die produkte het so min as 10% en minder vleis bevat, amper 50% stysel van aartappeloorsprong, water van bykans 40% en soja, berig Netwerk24.
Tegnologie maak meganies ontbeende hoender ‘n baie ekonomiese bestanddeel in finale vraagprodukte soos hamburgers.
Die verwringende impak daarvan word egter oor die hoof gesien as in ag geneem word dat sekere dele van die hoender in ander lande bloot verkoop kan word om koste te delg.
As produk het daardie dele eintlik geen selfstandige markaandeel nie. Dié produkte beland wettiglik in die mark en die vraag na vleis kry ‘n ander aansien en vereis ‘n denkskuif ten opsigte van mededingedheid van die produk.
Verskeie kundiges debatteer vervolgens hierdie moontlike skuif en wat opval, is die siening dat volhoubare mededingendheid in die meeste gevalle meer pragmaties as belynd behoort te wees.
Om mededingend te bly, moet wegbeweeg word van hulpbronmededingendheid na groter samewerking binne netwerke wat voortdurend kan aanpas.
Intra-nywerheidskundigheid alleen kan ‘n strategiese blindekol veroorsaak omdat dit bly fokus op nywerheidsverwante veranderlikes wat mededingendheid kan beïnvloed.
Volhoubare mededingendheid hang enersyds, maar in ‘n minder mate af van wat binne ‘n waardeketting gebeur en moontlik is. Die klem val eerder op die verrekening van veranderlikes wat groepeer soos ’n spinnerak.
Volhoubare mededinging word slegs moontlik as die uitdagings as ’n arena in plaas van ‘n belynde nywerheid gesien word.
Om binne die arena mee te ding, verskuif die klem vanaf ‘n mededingende voordeel paradigma na groter pragmatisme – kontinue veranderings moet verreken word.
Dit word ‘n kwessie van implementering, monitering, impakontleding, aanpassing en weer terug na die mark toe met nuwe toepassings. Die klem val op die proses en nie die uitkoms nie.
Dié dinamiese benadering is die direkte gevolg van die onvoorspelbaarheid van beide verbruikers en mededingers. Nywerhede neem ‘n losser struktuur aan, toetrede word makliker, mededingers se grootte en moontlike invloed word meer divers en marke word grensloos as gevolg van globalisering en die tegnologie wat die ondersteun.
Sukses word nie bepaal deur die hulpbronne onder beheer nie, maar waartoe toegang verkry is of verkry kan word.
Platforms wat naatlose verbindings tussen tegnologie en ekostelsels verhoog, skakel talente en inligting ineen.
Is ons boere en medewerkers fiks genoeg vir die nuwe wedloop?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie