Respekteer asseblief die skryfwyse van ons taal
Respekteer asseblief die skryfwyse van ons taal

Respekteer asseblief die skryfwyse van ons taal

Dani Booysen
AWEBAHE J. ||HOESEB SKRYF

Wat tans aan die gang in ons land is, is dat daar glad nie respek betoon word aan die feit dat daar ook amptelike, standaard spelreëls, oftewel 'n formele skryfwyse of dan ortografie vir Khoekhoegowab bestaan nie.

Die vier suigklankkonsonate |, ||, ! en ? word na willekeur, willens en wetens, verkeerdelik geskryf as /, //, ! en # in koerante asook in amptelike skrywes van die regering en die pers.

Daar is drie uitgawes van die amptelike spelreëls/skryfwyse van Khoekhoegowab, naamlik:

a) Nama/Damara Spelreëls No. 1 (Othography No. 1), wat saamgestel is deur die Nama/Damara Taalkomitee, en uitgereik is in 1970 deur die Departement van Bantoe-Onderwys vir Inboorlingonderwys, SWA.

b) Nama/Damara Spelreëls No. 2 (Othography No. 2), wat saamgestel is deur die Nama/Damara Taalkomitee, en uitgereik is in 1977 deur die Departement van Bantoe-Onderwys vir Inboorlingonderwys, SWA.

c) Khoekhoegowab Xoa|gaub (Orthography 3), wat saamgestel is deur die Khoekhoegowab Kurrikulêre Komitee, en uitgereik is met finansiële ondersteuning van die Upgrading African Languages Project (AfriLa), en gedruk is deur Macmillan Education Namibia Publishers (Pty) Ltd. in 2003, gevolg deur 'n herdruk in 2012.

U sal vind dat die vier suigklankkonsonante (|, ||, !, ?) in hierdie formaat (|, ||, !, ?) geskryf word in alle voorgeskrewe Khoekhoegowab-taalhandboeke en handboeke vir ander vakke wat vir moedertaalonderrig in Khoekhoegowab opgestel is of vertaal is vir die junior primêre fase.

Daar is nie 'n voorgeskrewe handboek wat in Khoekhoegowab geskryf is waarin die vier suigklankkonsonante skuins geskrywe is nie, en dit is die geval al sedert 1970 tot op hede.

Die vier suigklankkonsonante is ook reguit/penregop geskryf in die gesangboeke van die Rooms-Katolieke Kerk, Evangeliese Lutherse Kerk en die African Methodist Episcopal Church (AME), asook die Bybels wat in Khoekhoegowab gepubliseer is.

Volgens artikel 19 van die Namibiese Grondwet is elke persoon geregtig daarop om te veg vir die ontwikkeling, behoud (oftewel bevordering van die oorlewing) van sy of haar kulturele gebruike, taal, tradisie en geloofsoortuiginge, vir solank en sover daardie aksies nie die menseregte van andere asook die volksbelang van vreedsame samesyn skade berokken nie.

Dit is betreurenswaardig dat die hoogs onwaarskynlike, sinnelose verminking van die kulturele en taalerfenis van die Damaras, Hai||om en die Namas toegelaat word om hoogty te vier. Ironies genoeg word ander Namibiese inheemse tale se spelreëls en skryfwyses gerespekteer.

Dit behoort iets heeltemal ongehoords te wees in 'n onafhanlike demokratiese bestel soos Namibië, waar ons nasie in artikel 10 van die Grondwet sweer dat daar nie teenoor iemand gediskrimineer sal word nie, hetsy op grond van geslag, ras, velkleur, etniese herkoms, geloofsoortuiging, kerkverband, of sosiale of ekonomiese status.

Wat my dwars in die krop steek, is die feit dat die regering belastingbetalers se swaarverdiende bydraes tot die staatskas aanwend om hierdie verminking van Khoekhoegowab se amptelike skryfwyse voort te laat gedy in amptelike, geskrewe staatspublikasies.

Ek doen 'n beroep op al die Damaras, die Hai||om en die Namas om hul stemme dik te maak vir die behoud van onse erfenis, en daarop aan te dring dat die amptelike skryfwyse en spelreëls van ons taal deur almal onderhou word. Myns insiens is dit nie te veel gevra nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!