Restaurante sukkel, maar kitskos floreer

Die totale inkomste uit die voedsel- en drankbedryf in Februarie (gemeet in reële terme en teen konstante 2015-pryse) het R4,2 miljard beloop.

Dit is 1,4% hoër as in die ooreenstemmende maand verlede jaar toe R4,17 miljard verdien is, sê Statistieke Suid-Afrika (SSA).

Dit is trouens die beste Februarie-syfer die afgelope vyf jaar: die inkomste het in dié tyd gewissel tussen R4,073 miljard en R4,173 miljard per maand.

Februarie 2018 se positiewe groei teenoor ’n jaar gelede was danksy beter kroegverkope (alkoholverkope) en voedselverkope (wat na etes en nie-alkoholiese drankies verwys) wat onderskeidelik 2,9% en 1,4% hoër was, sê SSA.

Alle ander inkomste in die voedsel- en drankbedryf, soos die verkoop van sigarette, het met 7,5% gedaal.

Die statistieke word versamel uit kos- en drankverkope by restaurante en koffiewinkels, by wegneem- en kitskosrestaurante, asook spysenieringsdienste.

Wat die soort ondernemings betref, het inkomste uit restaurante en koffiewinkels met 2,1% gedaal teenoor ’n jaar gelede, maar vir wegneemeetplekke en kitskosrestaurante, asook vir spyseniering was inkomste onderskeidelik 6% en 4,6% hoër as ’n jaar gelede. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!