Reuse-inkvis spoel uit by Grossebucht
Tanja Bause
'n Reuse-inkvis het Dinsdag in Grossebucht op Lüderitz uitgespoel.
Volgens dr. Jean-Paul Roux wat die karkas gevind het, is die lyf alleen – sonder die kop en tentakels – 1,94 meter lank, of 3,75 m met dit.
“Die punte van die meeste tentakels kon egter nie gevind word nie, wat die meting 'n onderskatting maak. Alhoewel die inkvis redelik vars was, was sy twee lang tentakels ook weg. Met die tentakels kan dié inkvisspesie 'n totale lengte van ongeveer 13 meter bereik en 275 kilogram weeg,” het Roux gesê.
Die reus behoort aan die Architeuthis-familie.
Wetenskaplikes is nie seker oor die aantal spesies in hierdie genus nie, maar moontlik bestaan slegs een wydverspreide spesie (Architeuthis dux), terwyl ander dink dié in die Suidelike Halfrond kan 'n aparte spesie wees (Architeuthis sanctipauli).
“Hierdie geheimsinnige diere kom in die diepsee van die meeste oseane voor en eet vis en ander inkvisse. Hul grootste bedreiging is potvisse. Hulle kom in ons streek voor en sowat 25 jaar gelede het 'n treiler op Lüderitz een gevang. Sedertdien het ons drie strandings van inkvisse op verskeie strande op Lüderitz gedokumenteer. Die grootste reuse-inkvis was 'n volwasse wyfie wat op 28 Augustus 2017 by Guanobaai uitgespoel het.”
Dr. Jessica Kemper het ná die vonds in Guanobaai gesê: “Dié reuse-inkvis se lyf was 1,89 meter lank en die tentakels nog vier meter. Die inkvis se twee lang tentakels kon ook nie gevind word nie en daarmee saam sou die dier tussen 7 en 9 meter lank gewees het. Die lang tentakels is baie dun en bros en het heel moontlik iewers vasgehaak en afgebreek.
“Die seemeeue was besig om die tentakels te vreet en 'n jakkals het ook vroeër die karkas besoek. Ek is seker die strandwolwe sal ook 'n bietjie besonderse seekos geniet,” het Roux gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie