Reuse-sege vir olifante
Reuse-sege vir olifante

Reuse-sege vir olifante

Francoise Steynberg
Afrika se olifante kan trompetter oor ’n geskiedkundige oorwinning by die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad (Cop18) in Genève in Switserland.

In ’n verkiesing Sondag by Cites is daarvoor gestem dat die uitvoer van lewende Afrika-olifante na dieretuine en vermaaksentrums gestop moet word.

Altesaam 46 Cites-lidlande het tydens ’n komiteevergadering ten gunste van ’n verbod op die uitvoer van olifante uit Namibië, Zimbabwe, Suid-Afrika en Botswana gestem, 18 daarteen en 19 het buite stemming gebly.

Waarvoor Namibiese afgevaardigdes gestem het, is volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, onbekend.

Dit is inderdaad ’n wrede en traumatiese praktyk om olifantkalfies van hul ma’s en troppe met hegte familiebande weg te ruk en in gevangenskap aan te hou.

Omgewingsorganisasies beskou die verbod as ’n geskiedkundige sege, maar dit moet steeds by die volle konferensie goedgekeur word, wat op 28 Augustus ten einde loop.

Zimbabwe is tans die grootste olifantuitvoerder in Afrika, wat sedert 2012 altesaam 108 olifantkalfies na dieretuine in China uitgevoer het.

Zimbabwe kan nie hul politieke en ekonomiese chaos met bloedgeld van olifantuitvoere na dieretuine in China probeer regruk of regverdig nie. China word allermins as ’n dierevriendelike land geag.

Geen wilde dier hoort enigsins in aanhouding in ’n dieretuin, vermaaksentrum of sirkus nie.

Só sê ander:

For once, African elephants have come out on top after a decision was made at the Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (CITES), which deemed it was no longer allowed to trade live wild elephants to “in situ” conservation in their natural habitats, which will end the trade in live wild elephants to captivity in zoos and entertainment venues.

These venues are finally deemed inappropriate and unacceptable, thanks to the forty-six countries that voted in favour of the decision.

Humane Society International (HSI) Africa, director and elephant biologist Audrey Delsink was present at the conference and reiterated that exporting live wild elephants, animals which already do not thrive in captivity, “serves no credible conservation purpose and is opposed by numerous elephant biologists”.

“The capture of baby elephants is horribly cruel and traumatic to both the mothers, their calves and their herds that are left behind. Calves suffer psychological and physical harm when taken from their mothers. Zoos and other captive facilities force these calves to live in an unnatural, unhealthy environment that does not meet their complex needs,” Delsink explained. - The Citizen

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!