Reuse-terugslag vir staat in Teko-trio se verhoor
Ronelle Rademeyer - Die N$120 miljoen-bedrogverhoor teen die Namibiese sakeman en -vrou, me. Teckla Lameck en mnr. Jerobeam Mokaxwa, en die Chinees mnr. Yang Fan, het gister ‘n tweede terugslag beleef.
Regter Christie Liebenberg het in sy uitspraak in ‘n binneverhoor in die uitgerekte saak beslis die korrekte prosedures is nie gevolg toe die drie, alom bekend as die Teko-trio, sowat tien jaar gelede op 11 Julie 2009 deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) in hegtenis geneem is nie.
“Die prosedures en die geldigheid van die dagvaardigings wat deur die direkteur van die ACC, mnr. Paulus Noa, en sy span ondersoekers op 11 Julie 2009 uitgereik is, is ongeldig en al die getuienis wat uit daardie dagvaardiging voortspruit is ongeldig en onwettig,” het hy in sy uitspraak gesê.
Dit beteken al die getuienis en bewysstukke wat uit die dagvaardigings voortspruit, kan nie in die verhoor teen die trio gebruik word nie.
In 2017 het die hooggeregshof ‘n appèl in hul guns toegestaan vir die onttrekking van regter Maphios Cheda van hul verhoor.
Die verhoor het toe van voor af voor regter Liebenberg begin.
Die bedrog- en ander klagte teen hulle spruit voort uit die ministerie van finansies se aankoop van X-straal-skandeerders vir lughawens en grensposte by die Chinese maatskappy, Nutech.
Die trio keer weer op 28 Januarie terug na die hoërhof. – Eie berig en Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie