Reuse vat hoek by die mond
Reuse vat hoek by die mond

Reuse vat hoek by die mond

Die droom van elke hengelaar is om so 'n grote uit te trek.
Tanja Bause
Erwin Leuschner – Sedert November 2020 word in die mond van die Kunene­rivier 'n buitengewone aantal ­rekordgroot kabeljoue gevang. Ervare Namibiese rots- en strandhengelaars wil nou die “reuse van die Kunene” navors en meer oor die visse uitvind.

“Dit is 'n onbeskryflike gevoel,” sê die bekende rots- en strandhengelaar mnr. Leon Krauze.

Hy het reëls as dit by hengel kom. Die visse moet teen alle tye versigtig hanteer word en hulle moet nadat hulle gevang is binne twee minute weer in die water wees en alleen kan wegswem.

“Tot nou toe het ons nog geen vis verloor nie. Almal swem op hul eie weg en dit is vir ons van uiterste belang.”

Geen vis mag gehou of doodgemaak word nie.

Volgens hom is in die laaste maande sowat 35 kabeljoue gevang wat oor die 170 cm lank is en oor die 50 kg geweeg het. Die gewig word aan die hand van tabelle bepaal en geen vis word geweeg nie.

“Te veel tyd gaan verlore as jy hom weeg en ons is bang die vis sal dit nie oorleef nie.”

Krauze wil die visse navors en navorsers betrokke maak.

“Ons stel belang om meer oor die visse uit te vind, spesifiek oor hoe oud hulle is.”

Volgens hom word die ouderdom beraam op tien jaar per tien kilogram. “Dit beteken dié reuse is almal ouer as 50 jaar.”

Die reis deur die Skedelkuspark tot by die mond van die Kunene is slegs moontlik met Skeleton Coast ­Adventure Tours wat die konsessie besit.

“Die beskerming van die omgewing is vir ons baie belangrik en dus moet 'n geregistreerde en ervare hengelaar by elke hengeltoer teenwoordig wees,” sê mnr. Hein Truter van die maatskappy.

“Dit is belangrik, want net op dié manier kan ons volhoubare visvang verseker,” het Krauze gesê.

Om so 'n reus aan land te trek, word dieselfde toerusting as tydens die vang van bronshaaie gebruik.

“Sommige van die visse kom binne 30 minute aan land; ander veg tot 'n uur lank voor die hengelaar hom uitkry.”

Volgens die Namibiese Strand-en Rotshengelvereniging (NRSAA) staan die amptelike rekord vir die grootste kabeljou in Namibië gevang op 26,5 kilogram. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!