Reusebrand laat honderde uit LA padgee
Reusebrand laat honderde uit LA padgee

Reusebrand laat honderde uit LA padgee

NAMPA
Los Angeles - 'n Massiewe brand, wat beskryf word as die grootste in die geskiedenis van Los Angeles, het die naweek honderde mense gedwing om hul huise te verlaat.

Burgemeester Eric Garcetti het aan verslaggewers gesê die brand het Vrydag uitgebreek en die heuwels om die noordelike voorstad Burbank oornag verlig. Meer as 2 000 hektaar het reeds afgebrand.

Die Los Angeles-brand is een van verskeie groot brande wat in die weste van Amerika woed.

Die federale regering het 'n noodtoestand in die deelstate Montana en Washington afgekondig, waar duisende mense na veiligheid gebring moes word. Sulke noodtoestande word afgekondig­ ten einde federale bronne beskikbaar te stel om die brande te bestry.

In Los Angeles het Garcetti 'n plaas­like noodtoestand afgekondig en 'n beroep gedoen op Kalifornië se goewerneur, Jerry Brown, om op deelstaatvlak dieselfde te doen.

Die Los Angeles-brand het reeds drie strukture, waaronder twee huise, vernietig en nagenoeg 700 huise moes in verskillende dele van die stad en aangrensende Glendale ontruim word, het brandweermanne gesê.

Vlamme was ook sigbaar in verskeie woonbuurte insluitende Burbank, waar Disney en Warner Bros. se ateljees geleë is.

Meer as 500 brandweermanne is ontplooi terwyl 100 ander, wat na Houston, Texas, gestuur is om te help met reddingsoperasies ná Orkaan Harvey, gevra is om terug te keer.

Die brand was gister net tien persent onder beheer.

- Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!