Reuseleemtes in ‘apartheid-era aborsiewet’
’n Grondwetkenner sê die kriminalisering van aborsie keer dit nie en beteken die regering kies tussen veilige en onveilige aborsies.
Jana-Mari Smith – Kenners steun die hersiening van Namibië se aborsiewet, wat hulle nie net as sinloos beskryf nie, maar ook gevaarlik omdat dit onwettige aborsies aanmoedig en teen die land se kwesbaarste vroue en meisies diskrimineer.
Dr. Dawid Uirab, hoof- mediese superintendent by die Windhoek Sentrale Hospitaal, het onlangs gesê: “Ek dink die wet is verouderd en argaïes. Dit hoort in museums. Die wet moes lankal reeds hersien word en by die moderne era aangepas word.”
Die regskenner prof. Nico Horn waarsku die kriminalisering van aborsie is nutteloos.
“Dit teiken net die kwesbaarstes. Hoe is dit ’n goeie wet, hoe help dit enigiemand? Dit is beslis nie ’n wet wat aborsies keer nie; dit dryf mense net na onwettige en gevaarlike aborsies.”
Die mark vir onwettige aborsiepille floreer in Namibië, en daar is private praktisyns wat dié wat dit kan bekostig onwettige, maar veilige dienste bied.
Tog, sê Uirab, kan die meerderheid vroue en meisies in Namibië nie veiliger aborsies bekostig of om Suid-Afrika toe te gaan vir ’n wettige aborsie nie.
Dit stel baie vroue en meisies in Namibië aan agterstraat-aborsies bloot, waar ’n gebrek aan opleiding en ongetoetsde medikasie ’n ernstige bedreiging vir hul gesondheid inhou.
Volgens ’n studie wat in 2016 in Namibië gedoen is, beëindig baie vroue en meisies ongewenste swangerskappe deur “skerp voorwerpe soos draadhangers of kruie in hul vaginas op te druk, of deur konkoksies te drink”.
Dié konkoksies bevat dikwels skoonmaakmiddels.
‘Uiters gebrekkig’
Die Wet op Aborsie no.2 van 1975, wat steeds in die land van krag is, het Namibië van die apartheidsjare geërf, en is nooit demokraties onder oë geneem nie.
In Suid-Afrika is aborsie reeds 20 jaar gelede gewettig toe dieselfde wet daar herroep is.
Volgens ’n gevallestudie deur die Guttmacher Institute is die wet deur ’n “slegs wit, slegs manlike komitee” opgestel en geïmplementeer, en is dit inderwaarheid as gesinsbeplannings-instrument bevorder, wat met die “rassistiese beleide van die apartheidsregering verbind is”.
Horn sê die kriminalisering van aborsie in Namibië, behalwe vir uitsonderings hierop soos in die geval van hoë risiko swangerskappe en verkragting, keer aborsies nie en beteken in wese die regering kies tussen veilige en onveilige aborsies.
Horn en Uirab het al twee gewaarsku ’n “tragiese” gevolg van die wet is babastorting, wat ’n aansienlike probleem in Namibië is.
Uirab het gesê die tragedie sluit in dat ’n jong ma van moord aangekla word “vir iets wat anders hanteer kon word”.
Hof
“Omdat wetmakers huiwerig lyk om ’n wet in reaksie hierop te maak, is dit hoog tyd dat die aborsiewet hof toe gaan om die grondwetlikheid daarvan uit te daag,” het die regskenner en menseregteadvokaat Norman Tjombe dié week gesê.
Hy het die wet beskryf as “wreedaardig en ’n blatante skending van die outotnomie van die vrou se liggaam en toekoms, wat ’n belediging is vir die reg op menswaardigheid”.
“Niemand sê aborsie moet ligtelik opgeneem word, of as ’n vorm van gesinsbeplanning aangewend word nie. Die meeste voorstanders van meer vryheid sien aborsie as ’n laaste uitweg in ’n hele spektrum van opsies vir ongewenste swangerskappe,” sê me. Dianne Hubbard van die Regshulpsentrum (LAC).
Hubbard benadruk om pro-keuse te wees, beteken nie aborsie word ondersteun nie.
“Hoewel ek veranderinge aan die wet ondersteun om vroue se reg op besluitneming te respekteer, is ek persoonlik teen aborsie. Na my mening en volgens die ervaring van baie ander lande kan positiewe maatreëls baie doeltreffender as strafmaatreëls wees om aborsie te verminder.”
Die wettiging van aborsie moet met toepaslike berading en ondersteuningsdienste gepaard gaan, benadruk Hubbard.
Sy sê aborsie moenie in isolasie gesien word nie, maar as deel van ’n omvattende plan wat gesinsbeplanning insluit, asook die vermindering van geslagsgeweld en die ondersteuning van swanger mesies en vroue.
“Heelwat meer kan gedoen word om te verseker pa’s bring hul kant in die emosionele en finansiële ondersteuning van hul kinders.
“Dít en ander stappe saam met regshervorming wat aborsie betref, kan aborsies verminder deur bystand eerder as veroordeling, babastorting voorkom en die lewens van vroue red wat nie meer hul toevlug tot onveilige aborsies hoef te neem nie,” sê Hubbard.
Tjombe sê die groter prentjie in Namibië word in die aborsiedebat misgekyk.
“Namibië worstel met die ernstige en absolute ramp van geslagsgeweld en geslagsongelykheid, wat in baie gevalle bydra tot omstandighede waar vroue nie oor seks kan onderhandel nie, en tog lyk dit of ons die gevolge van ongelykheid en geweld teenoor vroue en meisies eenvoudig ignoreer.”
Hubbard voeg by: “Die vraag wat ons moet vra, is nie of aborsie reg of verkeerd is nie. Dit is ’n vraag waaroor die samelewing nooit sal saamstem nie. Die werklike vraag is of die reg namens ons almal hieroor moet besluit.”
In 2018, toe die aborsievraagstuk vlugtig weer op die voorgrond was, het me. Eileen Rakow, toe verbonde aan die kantoor van die ombudsman, beklemtoon wanneer ’n vrou se gesondheid en ander regte weens wetlike perke in die gedrang kom, word verskeie ander regte ook bedreig.
“Enige beperking op aborsie wat onredelik inmeng met ’n vrou se uitoefening van haar menseregte is onaanvaarbaar.”
Regte geskend wanneer toegang tot veilige aborsies beperk word, verskaf deur die ombudsman in 2018:
• Die reg op lewe
• Die reg op gesondheid en gesondheidsorg
• Die reg op inligting
• Die reg om nie teen gediskrimineer te word nie en op gelykheid
• Die reg om vry van wrede, onmenslike of vernederende behandeling te wees
• Die reg op privaatheid
• Die reg om te besluit hoeveel kinders en hoe ver uitmekaar ’n vrou hulle wil hê
• Die reg op veiligheid van persoon
• Die reg op vryheid
• Die reg om die voordele van die wetenskaplike proses te geniet
• Die reg op vryheid van gewete en godsdiens
“Om ’n swanger vrou die reg te ontneem om ’n onafhanklike besluit oor aborsie te neem, skend en bedreig ’n wye reeks menseregte. Enige beperking op aborsie wat onredelik inmeng met ’n vrou se uitoefening van haar menseregte is onaanvaarbaar.” – Eileen Rakow, die ombudsman se kantoor , 2018
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie