Reuseveldbrand verteer weiding op 13 plase
Moeë boere het gister vir die derde dag probeer om ’n wegholveldbrand op plase by Witvlei en Steinhausen te blus.
Ronelle Rademeyer - ’n Reuseveldbrand woed reeds sedert Maandagoggend in die Gobabis-distrik en het gister al ’n geraamde 29 000 ha se weiveld op 13 plase langs twee distrikspaaie by Witvlei en Steinhausen verwoes.
Boere het tot 300 km ver gery om die tam, moeë boere van die omgewing by te staan, het me. Renda Grobbelaar, een van die boervroue in die omgewing gister aan Republikein gesê.
“Ons blus onverpoos, dag en nag. Die gebied strek seker 30 km wyd. Hulp het van heinde en ver gekom – van die naburige boereverenigings, die gemeenskap van Gobabis, en selfs sover as Windhoek het mense kom help. Nou is almal moeg, maar die vuur dans voort.
“Ek het laasnag (Dinsdagnag) so tweeuur in die bed gekom en van die boere het tot halfvyf nog vuur geslaan,” het Grobbelaar gesê. “Kort nadat ek opgestaan het, het ek gesien dit brand weer.”
Me. Henriëtte le Grange van die plaas Keizen by Summerdown het Dinsdag op die Facebook-blad Namibië Boere ’n beroep op die landbougemeenskap elders in die land gedoen om versterkings te stuur en met die bestryding van dié wegholbrand te help.
Volgens Grobbelaar het die veldbrand op die plaas Marigold ontstaan waar ’n beheerde brand op “’n eiland” in die veld gebruik is om indringerbosse te brand.
Dit blyk die wind het opgesteek en vonke versprei wat die veld buite die beheerde gebied aan die brand gesteek het, sê sy.
Die plase waarheen dit versprei het, is Riviera, Waterloo, Swallow, Schoch, Omakwara, Rooigrond, Mex, Mundtsfarm, Delville, Hetaku, Sachsenwald en Voëlsang, sê sy.
Grobbelaar sê hierdie plase lê tussen die distrikspaaie D1658 en D1663.
“Daar was nog nie tyd om te gaan kyk of diere doodgebrand het nie; ons is net heeltyd agter die vlamme. Maar dit maak die onvermydelike hartseer. Ons is net dankbaar dat ons geen lewens verloor het of dat geen mense in die hospitaal beland het nie,” sê sy.
Grobbelaar sê die plaaseienaars is baie dankbaar aan almal wat met Unimogs, brandblussers en watertrokke opgedaag het.
“Ook vir diegene wat net ’n oogdruppel of ’n koeldrank aangery het. Daarsonder het ons sekerlik nog swaarder getrek.”
Teen laat gistermiddag is inligting ontvang dat die veldbrand ook na die plaas Ongava versprei het.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie