Revolusie onder verbruikers nie inflasiegedrewe
Gedrag met aankope verander
Dr. Kobus Laubscher
Die verrassende verlangsaming in hooflyninflasie in April vanjaar tot 4,4% en dié van voedsel tot 2,5% (vleis as groep het verder gedaal en is op 'n jaargrondslag 1,4% laer), het ontleders weer laat kyk na moontlike oorsake.
Vir verbruikers is dit uiteraard goeie nuus, want dié tendens het die Suid-Afrikaanse Reserwebank oortuig dat rentekoersdalings eerder as 'n styging dalk die beste medisyne kan wees vir 'n pap ekonomie.
In ons buurland Namibië, wat gebuk gaan onder die ergste droogte in menseheugenis, lyk die prentjie effe anders. Hooflyninflasie het in April vanjaar steeds toegeneem, alhoewel teen 'n stadiger pas op 'n maand-tot-maand grondslag. Brood en vrugte se pryse het jaar-op-jaar egter nog skerp toegeneem met 9,0% en 9,8% onderskeidelik.
Te midde van noodbemarking van beeste, is die jaar-op-jaar verhoging in vleispryse egter stroomop. Die 1,7% toename in April vanjaar is in skerp kontras met die bykans 9% in Mei verlede jaar. Maand-tot-maand het April 2019 egter dalings getoon.
Daar is egter ook ander onderliggende faktore, naamlik veranderde aankooppatrone. Independent Media berig groot vervaardigers soos Tiger Brands en Pioneer se jongste finansiële resultate benodig besinning. Tot 65% van verbruikers beweeg weg van een aankoop per maand na aankope binne die maand aan die hand van prysvergelykings tussen handelsmerke.
Altesaam 25% van die verbruikers koop bekende handelsmerke aan te midde van goeie pryse en bêre vir wanneer nodig, en 70% van verbruikers koop aanbiedings met goeie waarde.
Verder word 40% van verbruikers se kooppatrone gelei deur advertensies in koerante en ander media.
Die mandjie van aankope lewer ook bewys van die impak van toenemende werkloosheid en Nielsen ('n bekende bron van navorsing oor onder meer aankopegedrag) word aangehaal wat dui op groter besteding op brood, sojaprodukte, geblikte sardientjies en seep.
Verder sukkel kosvervaardigers om by te bly by die impak wat goedkoop ingevoerde pasta uit Europa op plaaslike verbruikspatrone het. Dié pasta word vervaardig uit gesubsidieerde koring, terwyl suidelike Afrika aangewese is op ingevoerde koring wat verder onderhewig is aan invoertariewe. Suid-Afrikaanse verwerkers van dié koring kan egter nie prysgewys meeding nie.
Disinflasie – of dalende inflasie – kan egter net oor die kort termyn verligting bring.
Verbruikersinflasie is onderhewig aan eksterne faktore soos die koste van energie en die wisselkoers.
Die aangewese is om kooppatrone aan te pas en maksimum munt te slaan uit spesiale aanbiedings.
Die feit dat kleinhandelaars binne die maand spesiale aanbiedings het, kan die verbruiker se beursie rek, mits die bestuur van sulke aankope ook aangepas word.
Meer as die normale van een produk behoort deel te word van 'n Josefsbeleid en omdat dit dié maand goedkoper is, kan alles nie summier verbruik word nie.
Sosiaal-maatskaplike uitdagings speel egter ook 'n rol in die verbruik, soos onder meer toegang tot yskaste, en binnenshuise bergplek. Navorsing het egter ook getoon dat die verbruikspatrone en aankooppraktyke in arm huishoudings nie in pas is nie. Die waentjie-aankope een maal per maand wat vol by sulke huise aankom, word op 'n eerste kom, eerste kies-grondslag verbruik.
Dit maak dit haas onmoontlik om items te berg vir die dag van môre. Daar is ook nog duidelike tekens van 'n aankopedroogte in die middel van die maand, want dan beweeg spesiale aanbiedings moeilik van die rakke af. Die meeste lae-inkomsteverdieners se geld is op teen die middel van die maand, terwyl kleinhandelaars juis dan voorraad wil skuif.
Namate ekonomieë groei en besteebare inkomste toeneem, gaan verbruik verander omdat aankooppatrone verander. Voorsieners sal eenvoudig daarby moet aanpas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie