RFA en vakbond vat hande
RFA en vakbond vat hande

RFA en vakbond vat hande

DIE Vakbond vir Staatsdienswerkers (PSUN) en die Padfondsadministrasie (RFA) het verlede week ‘n erkenningsooreenkoms in Windhoek onderteken wat voortaan die verhouding tussen die twee partye sal reguleer.

“Die twee partye sal voortaan hul griewe en dispute daarvolgens vreedsaam oplos,” lui ‘n verklaring wat deur die PSUN uitgereik is. Die PSUN het intussen nog ‘n samewerkingsooreenkoms op Walvisbaai met Namibian and Maritime Institute (NAMFI) onderteken.

Kragtens die ooreenkoms is ‘n verhoging van 8 persent vir al die permanente werkers van NMFI terugwerkend vanaf 1 April goedgekeur.

Die behuisingstoelaag is verhoog van 17 tot 19 persent op die basiese maandelikse salaris; die maatskappy se bydrae tot die mediese fonds is ook van N$750 tot N$900 per maand verhoog; en al die permanente werkers van NAMFI wat nie geregtig is op motortoelaes nie, gaan voortaan ‘n vervoertoelae van N$250 ontvang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!