Rhino Park vereis negatiewe Covid-toets vir alle elektiewe gevalle en prosedures
Die Rhino Park Private Hospitaal in Windhoek vereis vanaf vandag 'n negatiewe Covid-19-toets vir alle elektiewe gevalle en prosedures. Volgens die hospitaal se direkteur, me. Esmé Botes, kan 'n blitstoets die dag voor toelating vir die teaterprosedure teen N$200 en wel vanaf 15:00 tot 18:30 by die hospitaal se afdeling vir buitepasiënte gedoen word.
Pasiënte kan ook die toets by een van die verwante laboratoriums laat doen, maar moet volgens Botes verseker hulle het die negatiewe uitslae voordat hulle vir die geskeduleerde prosedure inboek. Mediese fondse betaal tans nie vir blitstoetse nie en dit is vir die pasiënt se eie rekening. Kinders jonger as 12 jaar hoef nie getoets te word nie.
Sou die toets negatief wees, sal die prosedure gekanselleer word en 'n dokter moet die pasiënt vir 'n PCR-toets by een van die laboratoriums stuur. Noodprosedures sal ook 'n blitstoets teen dieselfde koste moet doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie