Richemont fokus op China vir sy aanlyn drome
Francois Williams – Richemont fokus op China met sy strategie om tradisionele verkope van luuksegoedere met aanlyn bemarking te kombineer.
Die luuksegoederegroep van Johann Rupert wat luukse horlosies, juweliersware en ander duur items onder die handelsname van onder meer Cartier en Van Kleef & Arpels verkoop, het in die halfjaar tot einde September sy bedryfswins met 3% tot €1,165 miljard verhoog, maar sy wins vir die halfjaar is 61% laer op €869 miljoen.
Richemont se aandeelprys op die JSE was Vrydag ná die nuus byna 6% laer op R110,77.
Rupert, voorsitter van Richemont, sê internasionale onsekerheid en geopolitieke spanning regoor die wêreld affekteer sy klante se sentiment.
Tog het die verkope by Richemont se boetieks in die hoë enkelsyfers gegroei, terwyl aanlyn verkope teen dubbelsyfers gegroei het. Aanlyn verkope in die kleinhandel verteenwoordig nou al 17% van Richemont se totale verkope, teenoor 14% ’n jaar gelede.
Richemont het in die halfjaar ’n gesamentlike onderneming tussen die Chinese aanlyn reus Alibaba en Richemont se Yoox Net-a-porter aanlyn winkel geskep, genaamd FENG MAO. ’n Vlagskip-winkel van Net-a-porter is einde September onder FENG MAO se vaandel geopen en is volgens Rupert ’n belangrike eerste stap in die ontwikkeling van Richemont se langtermynvennootskap met Alibaba.
Benewens die belegging in aanlyn winkels, gaan Richemont ook voort met beleggings in sy tradisionele fisieke bedrywighede, soos die onlangse belegging in die Italiaanse juweliershuis Buccellati. Ná die einde van die halfjaar het Richemont op 25 Oktober ook ’n ooreenkoms met die modeontwerper Albert Elbaz gesluit om ’n innoverende beginneronderneming AZfashion te begin.
Richemont word steeds geraak deur die onrus in Hongkong, waar sy verkope teen dubbelsyfers afgeneem het.
Die laer wins is toe te skryf aan die vorige vergelykende tydperk se herwaardering van Yoox Net-a-porter, wat ’n rekeningkundige wins van €1,378 miljard op die vergelykende halfjaar se boeke geplaas het. As die eenmalige bydrae van die herwaardasie uitgesluit word, was die wins vir die tydperk min of meer dieselfde as ’n jaar gelede.
Die verdienste per aandeel het met 62% tot €1,533 gedaal.
Rupert het ook verduidelik daar was groter bedryfsverliese by Richemont se aanlyn verspreiders omdat belê is om aanlyn verhandeling na Frankryk, Hongkong, China en Duitsland uit te brei. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie