Ridders sorg vir warmer winter
Ridders sorg vir warmer winter

Ridders sorg vir warmer winter

Die Tafelronde se jaarlikse Winter Knights-projek vind môre plaas.

Tydens die geleentheid sal geld by verskillende kruisings ingesamel word, maar ­tweedehandse klere, komberse en niebederfbare kos word ook verwelkom. Die geld sal aangewend word om komberse vir minderbevoorregtes oraloor die land te koop.

Verlede jaar het die Tafelronde meer as 7 000 nuwe komberse aan meer as 50 gemeenskappe en skole landswyd uitgedeel. Die totale waarde van die skenking beloop N$1 miljoen.

Môre sal geld tussen 06:00 en 08:00 by ver­skeie straathoeke ingesamel word. Verskeie maatskappye het straathoeke vir hierdie doel bespreek.

Skenkings kan ook aan Namibië se Tafelronde gemaak word deur middel van PayToday of deur 'n SMS met die woord “winter” na 5005 te stuur.

N$5 sal per SMS aan die projek geskenk word. 'n Skenking kan ook in die volgende rekening gedeponeer word: Round Table FNB, rekeningnommer 55506266119, taknommer 282672.

“Ons is bly om aan te kondig mense kan ook skenkings deur die FNB Happiness Store maak,” het mnr. Stefan du Raan van die Tafelronde gesê.

FNB het die FNB Happiness Store in Junie 2016 van stapel gestuur en sedertdien ­verskeie minderbevoorregte mense en organisasies ­hierdeur ondersteun.

“Die aanlyn handelsplatform wat aangewend word om skenkings via die FNB Happiness Store aan liefdadigheidsorganisasies te stuur, het die Winter Knights-liefdadigheidsprojek daarby gevoeg. Ons hoop Namibiërs maak hul harte en beursies weer oop om hierdie veldtog te ­ondersteun,” het me. Madri van Wyk van FNB Namibia gesê.

Skenkings van so min as N$20 kan op www.fnb­happinessstore.com.na gemaak word.

Vir meer inligting oor die veldtog, skakel mnre. Mark Kissler by 081 146 9018, Stefan du Raan by 081 260 2709 of Johan Steenkamp by 081 146 4921.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!