Riedel-ondersoek duur voort
Henriette Lamprecht - Die ondersoek na die dood van 'n egpaar wat op hul plaas in die Omahekestreek doodgebrand het, duur voort.
Die 66-jarige me. Brunhild Riedel en haar man, Armin (68), het op 20 Januarie in hul opstal op hul plaas, Grunfeld, 17 km oos van Gobabis, doodgebrand.
Volgens adj.komm. Chris Kalimbula, koördineerder van misdaadondersoeke in die Omahekestreek, is 'n spesiale span aangewys om die voorval te ondersoek.
Hy sê die nadoodse ondersoeke is voltooi, maar daar word nog op die forensiese verslag gewag.
"Die polisie is hard besig om die saak op te los. Dit is 'n wye ondersoek wat op verskeie aspekte fokus," het Kalimbula gesê.
"Wanneer ons gereed is, sal ons vir julle presies sê wat gebeur het."
Volgens Kalimbula kan die forensiese verslag binne twee weke voltooi wees en teen die middel van Februarie beskikbaar wees.
'n Familielid het verlede week gesê die polisie ondersoek die moontlikheid dat die Riedels oorval, vermoor en daarna aan die brand gesteek is.
Brunhild Riedel se liggaam is op 'n bababedjie in die uitgebrande opstal gevind en dié van haar man, Armin, is voor sy geweerkluis gevind.
'n Roudiens word eerskomende Vrydag om 10:00 by Xain Quaz, 10 km wes van Gobabis op die Windhoek-Gobabispad, vir die Riedel-egpaar gehou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie