Rietfontein gereed vir jeug se aanslag

Keurders, talentjagters en liefhebbers van skolesport het 'n afspraak in middel Desember.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Namibië se tweede Jeugspele sal vanjaar by Rietfontein en Grootfontein in die Otjozon­djupastreek aangebied word.

Die meeste sportkodes se gebeure tydens die 2020 MTC Namibiese Jeugspele sal van 16 tot 18 Desember by die Rietfontein-opleidingsentrum vir siviele en tegniese studies naby Kombat gehou word.

Gimnastiek, judo en swem sal nie soos die vorige keer deel van die geskiedkundige geleentheid wees nie.

MTC, wat bevestig het dat hy die volgende drie nasionale jeugspeles sal borg, het gister met die bekendstelling by die Namibiese Sportkommissie se kantoor 'n bykomende N$1 miljoen per spele beloof. Dit is indien die komende geleentheid 'n sukses is.

Mnr. John Ekongo van MTC het gesê: “Dit is 'n eer vir MTC om in die jeug en toekomstige sportsterre van Namibië te belê. Ons het vroeër vanjaar N$5.7 miljoen vir die volgende drie jaar begroot, maar indien die komende spele 'n sukses is, kan die borgskap tot N$2,8 miljoen per jaar vergroot.

“Baie dankie aan die organi­seer­ders wat 'n topklas byeenkoms beloof, asook die ministerie van sport, jeug en nasionale diens wat ons deurgaans ondersteun.”

Me. Agnes Tjongarero, minister van sport, jeug en nasionale diens, het by die amptelike bekendstelling gesê dit is die eerste keer dat die skouspel buite Windhoek of die Khomasstreek gehou sal word.

“Atlete van al 14 streke sal Desembermaand die kans kry om hul talente ten toon te stel. Dit is deel van ons benadering om sport oor die hele land te ondersteun.

“Ons gaan die spele gebruik om spanne vir die 2021 Streek 5 Jeugspele in Maseru, Lesotho, te kies. Dit is die ideale verhoog vir die jeug om hulle te slyp om in die toekoms hul land op alle vlakke te verteenwoordig. Wanneer 'n atleet sy land verteenwoordig, versterk dit die gevoel van trots en patriotisme teenoor hul vaderland.

“Ek wil graag hê daar moet 'n Senior Spele ook wees, want wat word van ons jeug sodra hulle nie meer juniors is nie? Sport is 'n belangrike bousteen in ons gemeenskappe waar kinders kan toepas wat hulle in sport geleer het.

“Sport leer kinders vele goeie karaktereienskappe soos dissipline, deursettingsvermoë, vasberadenheid en sportmanskap en hulle kan dit in hul daaglikse lewe toepas. Baie dankie aan die Sportkommissie vir hul bydrae en die sportmedia wat ons met positiewe beriggewing ondersteun. Baie dankie aan MTC vir jul belegging in die jeug en sport in die algemeen,” het die minister gesê.

Agt sportkodes se beste jong talent sal vanjaar in die noorde ten toon gestel word. 'n Maksimum van tagtig uitsoekatlete van elke streek sal aan atletiek, basketbal, boks, netbal, atletiek vir gestremdes, sokker, tennis en vlugbal deelneem. Om in pas met die Streek 5 Jeugspele te kom wat ­tweejaarliks gehou word, is verlede jaar geen nasionale jeugspele aangebied nie.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!