Rietfontein vol potensiaal

’n Goed toegerus beroepsopleidingsentrum kan jeugraad se opbrengs vergroot.
Augetto Graig
Die Nasionale Jeugraad (NYS) se sentrum op Rietfontein het vroeg in Julie ’n besoek van ministers en top regering beampes ontvang.

Die minister van sport, jeug en nasionale diens, me. Agnes Tjongarero, en haar adjunk me. Emma Kantema-Gaomas was met die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandji-Murangi, en die waarnemende visekanselier van die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST), dr. Andrew Niikondo, op besoek.

Beide die uitvoerende direkteure van die betrokke ministeries was daar, met die NYS-raadsvoorsitter dr. Emma Leonard en die nuutste NYS-raadslid dr. Felix Musukubili.

“Die slim vennootskap tussen die twee ministeries en NUST, saam met die NYS behoort aan te hou groei vir ’n beter toekoms vir Namibiese jeug,” het Tjongarero gesê.

Albei ministers was beïndruk met die moderne infrastruktuur te siene gedurende hul toer deur die werkswinkels en klaskamers by die sentrum.

Kandji-Murangi het gesê die besoek bied ’n goeie geleentheid vir haar en haar span om self te sien hoe goed toegerus die sentrum is. Rietfontein se beroepsopleidingsentrum (VTC) spog met oorgenoeg ondergrondse water, groot bewerkbare grond, en daar is ook 130 wilde diere en meer as 700 vee op twee plase.

Die NYS bied vanjaar opleidingsgeleenthede aan meer as 700 studente in beroepskursusse wat loodgieterswerk, motorwerktuigkundiges, skrynwerk, messelwerk, metaalvervaardiging, haarkappery, gasvryheid, kantooradministrasie, gewas- en veeteelt, doekproduksie en swaarvoertuigbestuur insluit.

Kommissaris Musukubili het gesê alle leerlinge van die NYS is verplig om ’n opleidingsprogram van 12 maande te ondergaan. Hy het gesê die sentrum bied vlak 3-sertifikate in dié kursusse aan, wat almal deur die Namibia Kwalifikasie-owerheid (NQA) geakkrediteer is.

Die toekomstige planne om melk, mielies, vleis en hooi by die sentrum op Rietfontein te begin produseer en verwerk, het die regeringsafvaardiging beïndruk tydens hul besoek aan die perseel geleë langs die B8-pad tussen Kombat en Grootfontein.

Die afvaardiging het beide die nuwe en ou kampusse van die VTC, die nie-funksionele suiwelaanleg, die waterherwinningsaanleg, ’n nabygeleë beespos waar 150 beeste gehou word, ’n hooiveld en ’n kweekveld van wit mielies, getoer.

Dr. Gabriel Hangara, uitvoerende hoof van die landbousektor van NYS, het die afvaardiging gelei en gesê die suiwelaanleg word al baie jare nie gebruik nie. “Dit is ons melkery. Dit is al baie jare ledig, omdat dit in ’n vervalle toestand is.”

Hy sê die NYS beplan nou om die melkery op te knap, sodat dit studente kan bevoordeel namate hulle leer om te melk, die vars melk te verwerk, en die surplus aan skole rondom Grootfontein, Otavi en Tsumeb te verkoop.

Hangara sê NYS het meer as 700 vee op die twee plase, waarvan 150 bruin Switserse koeie is wat wag vir die suiwelaanleg om te begin funksioneer.

Rietfontein het ook 1 600 hektaar vol gras wat dit jaarliks sny en met sy vier trekkers verwerk in bale wat teen N$500 stuks aan die plaaslike boere verkoop word.

“Tot dusver het ons 430 bale verwerk. Ons wil graag in die toekoms meer doen om ’n goeie inkomste te verdien,” het hy gesê.

Tjongarero het hom aangemoedig om nie verder tyd te mors nie, maar om ekonomies selfonderhoudend te word deur melk, hooi, mielies en veevleis op die plase te verwerk en te produseer.

“Julle sit op goue mandjies vol kos en geld. Waarvoor het julle gewag om al hierdie goeie idees te begin implementeer?” het Kandjii-Murangi gevra.

- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!