Rigting ‘bedinges’
Mariselle Stofberg – My sin vir rigting het my nog altyd lelik in die steek gelaat. Ek verstaan nie waar dit vandaan kom nie, maar vir een of ander duistere rede kan ek dit nie regkry om van punt A na punt B te beweeg sonder die hulp van iemand of tannie Google se maps nie.
Ek en my ma moes een keer na Suid-Afrika gaan vir ’n toneelkompetisie waaraan ek deelgeneem het.
Nie een van ons het Suid-Afrikaanse selfoonsimkaarte gehad nie, wat klaar op sy eie ’n effense dilemma is.
Ons glo egter tussen die twee van ons sal ons die pad vind.
Ek lag eintlik as ek dink hoe naïef mens kan wees.
Die kompetisie was in ’n omgewing wat ons nie te goed geken het nie. En verblyf in die stad was hopeloos te duur, dus ons het ’n plekkie in ’n dorpie net buite die stad gekry.
Die probleem is, sulke dorpies het altyd die snaakste draaie
Vir diegene wat sukkel met rigting, is draaie jou grootste vyand.
Ons kom baie later as verwag in die land aan, en dit is reeds stikdonker toe ons Dora die Explora moet speel om ons blyplek op te spoor.
Om in Suid-Afrika te verdwaal is ’n duur storie, want met elke tolhek voel jy aan jou sak hoe uiters swak jou sin vir rigting is.
Die selfone se roaming wil nie werk nie, en Google Maps raak so deurmekaar soos ’n verkleurmannetjie op ’n Smartie-boks.
Regs word links, paaie verander en die Maps-tannie se stem raak al hoe skriller. Ek weet dit is nie moontlik nie, maar met die sesde “Please make a u-turn” kon ek amper hoor hoe sy haar oë vir my rol.
Ons is vir die derde maal deur dieselfde tolhek, en ek is al histeries, want die manier wat die vrou by die tolhek vir my kyk, laat my opnuut besef ek sal berading of daadwerklike ingryping moet kry voor ek in my huis verdwaal.
Ons blyplek is op ’n tipe kleinhoewe-plaasbedryf, en ons kry ’n hek wat lyk of dit die regte een kan wees.
Die feit dat dit gesluit is, het om een of ander rede nie ’n klokkie by my gelui nie.
Ek is al amper 20 ure aan die bestuur, en ek is moeg. Dus lê goeie oordeelsvermoë êrens tussen Rustenburg en die tolhek-tannie.
Ek wikkel die slot tot ek dit oopkry en Mamma en Mariselle is deur die hek.
Dit is stikdonker, so aanvanklik sien ons nie so duidelik waar ons is nie.
Wat ons wel weet, is die pad het verskriklik baie hobbels en duike en gate; en hier is baie bome. Meer as wat mens sal verwag op ’n pad na ’n gastehuis.
Maar ons gaan voort.
So entjie aan besef ons tot ons skok ons is nie eens naby die blyplek nie.
Ons het sommer summier deur ’n boer se lemoenboomboord gery. Ons is letterlik besig om deur die boord te ry; hierdie is nie eens ’n pad nie.
My ma besef ons sal nou moet omdraai, en met dié proses ry ons binne ’n lemoenboom vas. Die lemoene reën op die motor neer. Ek weet nie of ek moet lag of huil nie.
Die twee van ons is so verskrik soos twee eerstejaarstudente, en probeer met mening omdraai. Soos Michael Schumacher kry my ma dit reg om deur die boord te jaag en ons is by die hek uit voor jy “Wys my jou lemoene” kan sê.
Ek kan nog die lemoene op die dak hoor, en skielik is die dag se stres net té veel en ons huil soos ons lag.
Ek het darem persoonlikheid, want rigting het ek beslis nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie