Rikus se wêreldtitel die trots van NFBAA

Namibië was 'n uiters bestendige­ mededinger by die afgelope ­wêreldbyeenkoms.
'n Individuele junior wêreldkampioen is die juweel in die Namibiese Varswater Oewerhengelvereniging (NFBAA) se deelname aan die Visvangwêreldspele 2019 wat by die Vaaldam in Suid-Afrika gehou is.

Namibië het 'n totaal van 27 hengelaars gestuur wat in vier spanne meegeding het.

'n Totaal van 50 lande het deelgeneem aan die skouspel wat as die Olimpiese Spele van visvangkodes bekend staan. In varswater-oewerhengel is Namibië teen Suid-Afrika, Australië en Zimbabwe opgeweeg met die Vaaldam as die venue.

Die kompetisie tussen die vier lande was werklik straf, maar Namibië het dit reggekry om elke dag tweede te eindig. Op die laaste dag – die moeilikste vanweë reën – het die Namibiese senior mans boonop eerste geëindig.

Nadat al die punte bymekaar getel is, was Namibië algeheel tweede met Suid-Afrika net ses punte voor hulle.

Die ander NFBAA-spanne – meesters (nie as nasionale span nie), juniors en vroue – het almal tweede in hul kategorie geëindig en dus het al vier Namibië se spanne met silwer weggestap, voor Australië en Zimbabwe.

By die junior hengelaars is Rikus van Staden op dag 1 en dag 2 as die algehele top hengelaar in dié afdeling bekroon. Sy voorsprong was meer as 19 kilogram.

Van Staden, 'n graad 11-leerling van Windhoek Hoërskool, is aan die einde van die Spele as die individuele junior wêreldkampioen bekroon. Hy is die seun van Panna van Staden, een van die land se mees gesoute kompetisiehengelaars.

Die Namibië vrouespan was Nadia Steenkamp, Lani Meyer, Petro van Zyl, Carol Stinton, Betsie Bergh, Paul Steyn (kaptein).

Namibië senior mans: Leon Diedericks, Morne Prenn, Wentzel Barnard, Ronnie Meyer, Willem Heunis, Jaco Kruger en Dawid Oberholzer

Namibië juniors: Rikus van Staden, Eugene Grobler, Adrian Steenkamp, Hermanus Scholtz, Marsen von Lieres, Panna van Staden (kaptein), Pieter Scholtz (bestuurder).

Meesterspan (nie nasionale span): Leon Bothma, Andries Blaauw, Jake Taljaard, Johannes van Wyk, Amanda Bothma, Loandro Steenkamp, Jorrie Jordaan.

Die plaaslike sport van varswater-oewerhengel toon die afgelope jare groei en dit is ook bekend dat Namibië die Streek 5 Spele vanjaar sal aanbied teen besoekende spanne soos Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe.

Belangstellendes kan die ­plaaslike sport se verwikkelinge op Facebook volg (Namibia Freshwater Bank Angling Association - NFBAA).

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!