Rillerstryd tussen mure voorspel
Muurbal
Tielman van Lill - Wanderers se Visions Consulting Ope-toernooi gaan vanaf vandag tot Saterdag by sy bane in Pionierspark aangebied word.
Dieselfde kompetisie het verlede jaar die voorste spelers van dwarsoor Namibië gelok en met die nuwe tegnologie wat tans ingespan word, word sake net nog meer opwindend vir die deelnemers gemaak. Elektroniese telborde by die venue sal tellings, uitslae en ander belangrike inligting vertoon, wat groot byval by die spelers vind.
“Die terugvoering wat ons van die voorste spelers kry, is dat Wanderers tans die toonaangewende klub is en selfs beter as toernooie in Suid-Afrika vaar wat organisasie betref,” vertel Steven Berry, voorsitter van die klub.
“Ons bied die afgelope twee jaar toernooie van wêreldgehalte aan en dit is te danke aan borge soos Visions Consulting met wie ons ’n uitstekende verhouding het. Visions Consulting sorg nie net dat die koste gedek word nie, maar raak betrokke by die geleentheid en maak die lewe vir ons aansienlik makliker. Dit is fantasties om met hulle saam te werk en dit is ’n voorreg om hulle opnuut as vennote vir die 2017-toernooi te hê.”
Met verlede jaar se kompetisie is vir die eerste keer besluit om die mans en vroue saam te gooi waar elkeen teen ’n opponent te staan gekom het wie se spel volgens die ranglys op ’n vergelykbare vlak is.
Hierdie oefening het nie net vroue se muurbal verbeter nie, maar gee hulle die kans om teen selfs sterker manspelers kragte te meet.
Soos met die Nashua Ope vroeër vanjaar, het die Visions Consulting-toernooi opnuut daarin geslaag om ’n stewige 80 inskrywings te lok. Heelwat van die spelers was juniors vir wie in Januarie ’n groot kompetisie aangebied was, of vrouespelers wat vir die eerste keer met die vrouedag in Februarie op die baan gestap het.
Vanweë die beperkte getal bane moes Wanderers ongelukkig selfs ’n paar belangstellendes wegwys.
OPKNAPPING
Wanderers het onlangs met die opknapping van sy eerste twee bane begin en behoort binnekort ook sy twee 30 jaar oue bane te vervang.
Nie net het sy groeiende ledetal vir vooruitgang gesorg nie, maar die klub beoog ’n kolossale geldsinsameling om nuwe bane te bou sodat groter en beter kompetisies aangebied en internasionale spelers gelok kan word.
“Ons harde werk van die afgelope jaar om muurbal by Wanderers te ontwikkel, het beslis vrugte afgewerp. Die nuus het soos ’n veldbrand versprei en almal wil aan die kompetisies deelneem.
“In die verlede was dit dieselfde klompie spelers wat keer op keer opgedaag en gewen het, maar met die getalle wat daar tans is, het sake heelwat meer kompeterend geword. Die vroue neem nie net deel nie, maar wen op ’n gereelde grondslag pryse. Dit is die beste nuus nóg vir Wanderers en vir muurbal in Namibië,” het Berry gesê.
Berry vertel ’n groot verrassing wag vir die spelers, maar dié sal eers gedurende die finale ronde van die Visions Consulting Ope-toernooi bekend gemaak word.
“As jy wil weet wat die geheim is, sal jy moet sorg dat jy Saterdagnamiddag sesuur by die finale wedstryd van die A-afdeling is,” is al wat Berry wou verklap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie