Riool ontsier parkeerterrein
Tanja Bause
Vir die afgelope 12 dae hang die stank van riool oor die perseel van Body Corporate Palm Crescent in Nagtigalstraat in die hoofstad.
Werknemers by besighede in dié area moet in die parkeerarea oor rioolpoele spring om hul kantore te bereik.
“Die probleem het op 22 September begin. Ons het die munisipaliteit onmiddellik daarvan in kennis gestel,” het 'n werknemer gesê.
Volgens hom het beamptes van die munisipaliteit ondersoek ingestel, maar die probleem is steeds nie opgelos nie.
“Hulle het drie keer met 'n groot tenkwa vol water opgedaag en die riool van die stene af gespuit. Liters water is uitgespuit en die riool is in 'n stormwaterpyp afgespoel. Dit was omtrent 'n uur lank skoon, toe loop die riool weer.”
Die stinkende water dam in 'n sloot langs die pad op, wat 'n onaangename reuk oor die kruising van Mandume Ndemufayoweg en David Hosea Meroroweg laat hang.
Dinsdag het munisipale beamptes glo 'n gat in die teer by die kruising geboor en ondersoek met behulp van kameras ingestel.
Die bevinding was dat die rioolpyp by die kruising ondergronds gebars het.
Me. Lydia Amutenya, munisipale woordvoerder, het bevestig die rioolpyp is nog nie herstel nie.
“Die proses om die saak op te los, is wel aan die gang,” het Amutenya gesê.
“Ek kan nie sê presies wanneer dit opgelos sal word nie, maar dit moet binnekort wees, aangesien stukkende rioolpype al meer voorkom,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie