Rioolstelsels besoedel waterbronne
Die meeste rioolsuiweringsaanlegte wat in die Bo-Swakop-rivierkomgebied geleë is, se afvalwater is nie van die regte gehalte voor dit in riviere afgestuur word nie.
Elvira Hattingh – Die meeste rioolsuiweringsaanlegte in Sentraal-Namibië laat afloopwater in rivierlope vry wat nie aan die voorgeskrewe standaard vir gehalte voldoen nie.
Ernstige kommer bestaan oor besoedeling in die Bo-Swakop-Omatako-rivierkomgebied van skaars waterbronne, soos die Swakoppoortdam.
Die Bo-Swakop-rivierkomgebied bestuurskomitee (USBMC) se ondervoorsitter, mnr. Piet Smit, sê hulle is veral bekommerd dat afvalwater van sekere vervaardigers in die Swakoppoortdam sal beland.
Dit volg nadat die direktoraat van waterhulpbronbestuur binne die ministerie van landbou, water en grondhervorming erken het die meeste van die aanlegte wat in die Bo-Swakop-rivierkomgebied geleë is, gee nié gehoor aan die voorgeskrewe algemene standaarde of spesiale standaard vir die gehalte van afloopwater nie.
Smit het vroeër skriftelike navrae oor watersuiweringstandaarde aan die ministerie, asook die munisipaliteite in Windhoek en op Okahandja en Karibib gerig.
OTJOMUISE
Die Otjomuise-aanleg, wat afloopwater in die Otjisevarivier vrylaat wat nie aan die vereiste standaarde voldoen nie, word spesifiek genoem.
“Ons is bekommerd oor ál die rioolsuiweringsaanlegte,” het hy gesê en bygevoeg dat sentraal-Namibië nie ander opsies vir waterbronne het nie. “Ons het nét daardie water,” het hy bygevoeg.
In dié gebied word tien sulke rioolsuiweringsaanlegte aangetref.
Die direktoraat het in reaksie gesê dit dra die verantwoordelikheid om waterbronne te bestuur en te ontwikkel. Die direktoraat reik ook die permitte vir afloopwater uit en doen gereeld inspeksies of daar aan die nodige standaarde by rioolsuiweringsaanlegte gehoor gegee word.
BOETES IN WET
Die ministerie sê in hul reaksie ingevolge die wet is daar ’n beginsel dat besoedelaars moet betaal.
“Gewoonlik, wanneer daar probleme met waterbesoedeling van ’n rioolsuiweringsaanleg is, word plaaslike owerhede daarvan in kennis gestel en moet stappe gedoen word om dit reg te stel,” sê die direktoraat.
Dit is nie duidelik of daar reeds opgetree is teen die aanlegte wat nie aan die standaarde voldoen nie.
Smit sê die USBMC dien egter tans net in ‘n raadgewende hoedanigheid by die ministerie en het tans nie uitvoerende gesag nie. Hy sê die komitee kan hom net daarop berus om die geïntegreerde plan vir die bestuur van waterhulpbronne, soos vroeër vanjaar bekend gestel, te implementeer.
Altesaam sewe rioolsuiweringsaanlegte kom in en rondom Windhoek voor. Dit sluit in die Ujams-aanleg, wat afvalwater in die Klein Windhoek-rivier afstuur, terwyl die res van die water vir die skoonmaak van die aanleg aangewend word.
Aanlegte soos Gammams stuur afloopwater na die nuwe Goreangab-aanleg asook na Otjomuise se aanleg, terwyl die ou Goreangab-aanleg se afloopwater vir besproeiingsdoeleindes gebruik word.
KOMMER
Uit die korrespondensie met die direktoraat skryf die USBMC se mnr. Gys Burger die verwagting is nie dat die direktoraat iets so drasties moet doen soos om permitte te onttrek of groot boetes moet uitskryf nie, “maar die huidige stand van sake, as dit by die bestuur van ons waterbronne en -gehalte in die Bo-Swakop-rivierkomgebied kom, blyk op die minste ondoeltreffend en op die ergste ’n mislukking te wees”.
“Die inligting wat dus aan ons verskaf is, behoort ons almal te bekommer,” sê hy.
Burger, wat tevore ook al die USBMC se voorsitter was, verduidelik die komitee is op die been gebring deur belangegroepe wat onder meer bekommerd is oor stroomop-besoedeling van die Swakoppoortdam – die grootste van ’n drie-damstelsel wat onder meer water aan die hoofstad voorsien.
Die ministerie sal moontlik nog verdere vrae deur Republikein beantwoord.
NAMWATER-SLYPSKOOL
Intussen het NamWater op Donderdag 22 Julie ’n slypskool met belangegroepe in die watersektor gehou. Tydens die geleentheid het die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Calle Schlettwein, gesê Namibië se waterbeleid en regulasies is van die beste in die wêreld, alhoewel die toepassing hiervan ’n ernstige uitdaging is.
“Dit moet verander,” het hy gesê en bygevoeg slypskole soos dié van NamWater bied ’n geleentheid daarvoor.
– [email protected]
FOTO
Kommer heers oor die besoedelik van die Swakoppoortdam – die grootste van ‘n drie-damstelsel wat onder meer die hoofstad van water voorsien. FOTO ELVIRA HATTINGH

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie