Risa, Drikus blink uit in multisport
Die NTF het lof van deelnemers gekry vir ’n goed gereëlde nasionale kampioenskap.
Andrew Poolman - Drikus Coetzee en Risa Dreyer het Sondagoggend die vernaamste titels ingepalm toe die Namibiese Triathlonfederasie (NTF) sy nasionale duathlon-kampioenskap in Olympia afgehandel het.
“Drikus en Risa se wentye is van internasionale gehalte, veral as jy in ag neem dat hulle die kompetisie afgeskud en dus aan die voorpunt teen hulself meegeding het,” sê mnr. Pierre du Plooy, president van die NTF.
Die duathlon is oor die Sprint-afstand van 5 km hardloop, 20 km fietsry en 2.5 km hardloop beslis.
“In die mansresies het Konrad Marais ná die eerste hardloopskof nog binne bereik van Drikus gebly en ook vir die eerste twee baanrondtes van die fietsry, voordat Drikus met sy vernuf op die fiets weggebreek het.
“By die vroue het Benita Kasch ook ’n briljante tyd opgestel en ons is baie opgewonde oor Corrilly Yates, net 17 jaar oud, wat in haar eerste duathlon algeheel derde klaargemaak het.”
Du Plooy sê die Namibiërs wys baie potensiaal in duathlon en triathlon.
“Die wêreldkampioenskap in duathlon sou op die eerste naweek in September plaasvind, maar is vanweë Covid-19 gekanselleer. Ek glo iemand soos Risa sou algeheel en in haar ouderdomsklas baie kompeterend gewees het.”
Die NTF nasionale kampioenskap in triathlon is vir 17 Oktober vanaf die munisipale swembad in Windhoek bestem.
“Hopelik is die landsgrense dan al oop, sodat Divan du Plooy (verdedigende kampioen) en Herbert Peters (’n student op Stellenbosch) ook uit Suid-Afrika kan kom meeding.”
Volgens Du Plooy is September ’n baie besige maand op die fietsrykalender. “Ons beoog ’n sosiale duathlon op 22 Augustus op die Otjihase-pad, asook ’n opwarmbyeenkoms die eerste naweek in Oktober voor die nasionale triathlonkampioenskap om almal in die swemdissipline ook weer skerp te kry.”
KAMPIOENE GENIET DIT
Risa Dreyer, ’n gesoute padatleet van Comrades-formaat wat ook as fietsryer opgang maak, sê Sondag se byeenkoms was goed gereël, met goeie opkoms van deelnemers en ’n genotvolle roete.
“Die Triathlonfederasie doen ongelooflike werk vir die sport.
“Ek was nie heeltemal voorbereid nie; ek was onlangs vir amper vier weke af siek en dus is ek heel tevrede en verras met die goeie uitslag. Ek voel darem amper weer soos my ou self. Daar is min dinge vir my so lekker as ’n resies.”
Dreyer, in die kleure van haar fietsryspan Mannie’s Bike Mecca, sê sy droom daarvan om in die duathlon-wêreldkampioenskap mee te ding.
“Covid het die jaar en al my planne deurmekaar gekrap, maar ek glo in 2021 sal ons weer voluit kan gaan.”
• Drikus Coetzee, tevore ’n internasionale driekampatleet, het hom die afgelope jare op fietsry toegespits, waar hy ook op topvlak meeding. Sy terugkeer na duathlon is dus verwelkom.
“In hierdie stadium soek ek net weer die gevoel van multisport as ’n alternatief vir die fietsry; om net weer kompeterende sport in die algemeen te geniet.
“Vroeër die jaar het ek baie druk op myself geplaas om vir die Tokio Olimpiese Spele te kwalifiseer, maar op verskeie kritieke tye het ek siek geword, wat die druk net meer laat word het.
“Ek glo as ek weer die pret in sportdeelname vind, sal die gewenste resultate volg. In hierdie stadium sal ek dit dus nie ’n amptelike terugkeer na multisport noem nie, maar die liefde en passie vir sport kan my in die toekoms weer terugwen vir die sport.”
Coetzee was ook vol lof vir die Federasie se werk agter die skerms.
“Die byeenkoms was goed gereël, met ’n goeie roete. ’n Mens kan groei in die sport sien, wat veral in die jeugklasse verblydend is.”
Hy het sy waardering uitgespreek aan sy borge, die Janine & Suzelle Davin Sporttrust, Indongo Toyota, Hollard, Cymot en BRG Biokinetics.
Altesame 36 deelnemers was Sondag in verskeie ouderdomsklasse in aksie. Die amptelike prysuitdeling is vanweë riglyne oor sosiale afstand nie Sondag gehou nie, maar vind wel vandag om 18:00 by Lumber City plaas.
Die kategoriewenners was soos volg:
VROUE SPRINT
1 Risa Dreyer (elite) 1:03:07
2 Benita Kasch (elite) 1:06:48
3 Corrilly Yates (16-19 jaar) 1:07:59
4 Adelé de la Rey (41-50 jaar) 1:10:15
5 Tania Wiese (30-40 jaar) 1:15:45
6 Charmaine Shannon (41-50 jaar) 1:19:21
7 Hilde-Marie Olivier (16-19 jaar) 1:19:45
8 Claudea Marais (elite) 1:21:58
9 Karin Brockmann (51-plus) 1:23:51
10 Mandy Huysamen (51-plus) 1:24:23
MANS SPRINT
1 Drikus Coetzee (elite) 0:56:40
2 Konrad Marais (elite) 0:59:19
3 Breda Reed (elite) 1:01:48
4 Petrus Human (30-40 jaar) 1:01:58
5 John Valentin (30-40 jaar) 1:04:07
6 JG van der Westhuizen (16-19 jaar) 1:06:25
7 Max Schafer (51-plus) 1:06:37
8 René Graf (30-40 jaar) 1:06:39
9 Michiel Greeff (41-50 jaar) 1:07:53
10 Jan-Louis Mostert (30-40 jaar) 1:08:49
MEISIES SUPER-SPRINT
(2.5 km draf, 10 km fiets, 2.5 km draf)
1 Ada Kahl (12-15 jaar) 0:48:04

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie