Risikoskaal vir boere swaar gelaai
Die uitvoerende bestuurder van die Namibië Landbou-unie sê hoe dit in die bees-, skaap- en melkbedryf gaan.
Ronelle Rademeyer - Skerp stygings in insetkoste, ’n “ontploffing” in veediefstalle en onsekerheid oor of die reënval vanjaar voldoende sal wees vir goeie weiding, is tans boere se groot uitdagings.
Mnr. Roelie Venter, uitvoerende bestuurder van die Namibië Landbou-unie (NLU), maan beesboere moet gereed wees om vinnige bemarkingsbesluite te neem as dit nie vanjaar genoeg reën nie.
“Ons is op hete kole oor die reën. Dít, saam met ’n totale ontploffing in onwettige veeslagtery en -diefstalle en die geweldige styging in insetkoste, is die veebedryf se grootste uitdagings,” het hy in Republikein se aanlyn landbouprogram, Agri Monitor, gesê.
Hy sê die staat se rol om seker te maak beide die regstelsel en die polisie doen hul werk behoorlik, is baie belangrik.
“In hierdie jaar sal ons dit nog verder moet neem en uitvind hoe ons die bemarking van gesteelde vleis gestop kry,” sê h yen voeg by: “Solank as wat daar ‘n mark is, sal dit voortduur.”
Wat stygende insetkoste betref, verwys hy na die skrp styging in brandstofpryse verlede jaar, asook grondstowwe soos ureum en fosfaat wat in die vervaardiging van veevoer gebruik word. “In sommige gevalle het hierdie pryse verdubbel of verdriedubbel. Dit plaas die stygings in bees- en skaapvleispryse in ’n ander lig, want die duurder insetkoste “erodeer” hierdie stygings, sê Venter.
Vir die byna vernietigde melkbedryf is daar vanjaar wel lig in die tonnel, sê Venter. Dié bedryf het verlede jaar tot so ’n mate in duie gestort dat selfs die voorsitter van die Suiwelprodusentevereniging (SPV), mnr. Kokkie Adriaanse, en mnr. Christo Strydom, ’n bestuurslid, aangekondig het hulle gaan nie meer roumelk aan Namibia Dairies lewer nie omdat hul verliese te groot is.
“Die melkbedryf is ’n netto invoerbedryf. Meer melk word verbruik as wat plaaslik geproduseer word. Al die ander bedrywe in dié posisie, soos groente, mielies en varkvleisproduksie, het regulatoriese steun wat hulle teen onregverdige invoere beskerm,” sê hy.
Volgens Venter is ’n versoek gerig dat melk ook in die Vleisraadwet onder die gekontroleerde produkte gelys word wat deur die Vleisraad teen beskerm word.
“Die minister (mnr. Calle Schlettwein van landbou, water en grondhervorming) moet dit nog afteken, maar sodra dit gebeur, kan die wet verander word,” sê hy.
Hy wys daarop dié melkboere wat die bedryf verlaat het, sal nie oornag kan terugkeer nie, aangesien Namibië tans weens bek-en-klouseer in Suid-Afrika nie lewende vee (en dus verse van suiwelrasse) van daar af mag invoer nie.
In die skaapbedryf lyk sake belowend. “Die droogte is genadiglik in 2021 gebreek en hulle het reeds goeie reën gehad. Daar is plekke in die Suide waar sprinkane ’n probleem is, maar sekere plase is baie, baie mooi,” sê Venter oor goeie neerslae wat by Karasburg, Ariamsvlei, Grunüa en ook elders gerapporteer is.
“Die bemarkingskema vir skape is al drie jaar afgeskaf en boere belê goed in die uitbouing van die bedryf. Al probleem is skaapboere is afhanklik net van die lewende uitvoermark na Suid-Afrika,”
Volgens Venter is die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) saam met Hartlief besig om te kyk na markgeleenthede vir die uitvoer van skaapvleissnitte met been in, en die geleenthede lyk goed.
(Nog landbounuus op bl. 4 en 5.)
– [email protected]
FOTO
Mnr. Kokkie Adriaanse, wat voorsitter van die Suiwelprosentevereniging was, het die melkbedryf verlede jaar verlaat omdat dit nie meer winsgewend was om te melk nie. Foto Ronelle Rademeyer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie