Ritme, passie en doelgerigtheid
Altesaam 28 dansers van die H2E-dansskool in Windhoek het onlangs Namibiese kleure verwerf en kan die land in 2020 in Italië verteenwoordig.
Mariselle Stofberg – Die H2E-dansskool in Windhoek se dansers het verlede naweek uitgeblink by die International Fine Arts Association (IFAA) se jaarlikse internasionale danskompetisie wat in Windhoek plaasgevind het. Altesaam 28 dansers van H2E het bó 85% behaal, wat hulle vir Namibiese kleure laat kwalifiseer het, en hulle in staat stel om Namibië in 2020 by die Europa Dance Awards in Italië te verteenwoordig.
Die IFAA-kampioenskappe bestaan al 40 jaar, maar vind eers die afgelope vyf jaar in Namibië plaas.
“H2E het in 2018 in Barcelona gaan deelneem en het ’n algehele derde plek behaal in die musiekblyspel- en hip-hop-kategorie teen lande soos Engeland, Switserland en China,” sê Este Swarts, H2E se hoof.
Swarts berei die dansers vir vier tot ses maande lank op die IFAA-kampioenskappe voor. Dit behels dat verskillende style, soos kontemporêre dans, hip-hop, moderne dans en ballet ingeoefen word. H2E het groepe en individuele dansers vir die kompetisie ingeskryf. Die kategorieë waarin deelgeneem is, sluit dans, kreatiewe gimnastiek en show-modelwerk in.
Die kompetisie in Italië sal van 22 tot 26 Junie vanjaar plaasvind.
“Dansers sal op tegniek, vertoning, moeilikheidsgraad, sinkronisering van dansgroepe, choreografie, dissipline, netheid, kostumering en uniekheid van danstemas beoordeel word. Dit gaan harde werk kos om voor te berei en daarom sal ons so gou moontlik met voorbereiding wegspring,” sê Swarts
Milla Lamprecht (13) is een van die dansers wat vir Namibiese kleure gekwalifiseer het.
“Ek hou van dans, want dis vir my ? ontsnapping van die werklikheid. Dans is ook vir my ? ander manier om jou gevoelens uit te druk. Ek dink die kompetisie was ? goeie ervaring om net op ? verhoog te gaan en te dans. Ons het ook baie ander goeie dansers ontmoet wat ? goeie inspirasie sal wees vir ons om te verbeter in die toekoms.”
Nog ’n danser, Andrea Hugo (13), werk reeds vandat sy begin dans het daaraan om Namibiese kleure te verwerf en kon dié droom eindelik bewaarheid. “Ek hou van dans, want dit laat my vry voel. As ek dans, voel dit of niks anders bestaan nie, want ek is in my happy place.”
Die volgende H2E-dansers het vir Namibiese kleure gekwalifiseer: Alyna Swarts (WAP), Yana Oosthuizen (Windhoek Gimnasium), Marike Venter (Windhoek Gimnasium), Carla Celliers (Windhoek Gimnasium), Janke du Plessis (Windhoek Gimnasium), Robyn Norval (Windhoek Gimnasium), Danielle Muller (WAP), Karmi Muller (WAP), Jessné Swart (WAP), Milla Lamprecht (WAP), Andrea Hugo (WAP), Mienke Delport (Gobabis), Nia van Dyk (Windhoek Gimnasium), Annalee Waskow (WHS), Shivali Thaker (Gimmies), Chané Van der Westhuizen (WHS), Annabel Smit (Pionierspark), Ida du Toit (WAP), Chanel Vermeulen (Gimmies) Anneke Stassen, Ilne Weibach (WAP), Imani Weibach (WAP), Maya Katatenja, Jessica Salt (WHS), Helmien Fourie, Tanica de Carvelo, Zane Etsebeth (WHS) en Andrea Leff (WHS).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie