Ritzy kop en skouers bo die res
Tanja Bause - Makulu Laanie Ritzy van BJL Boerboel-telers is onlangs as die grootkampioen sowel as die senior kampioenteef in die ouderdomsgroep 18 tot 24 maande aangewys.
Ritzy, wat 18 maande oud is, het met dié gesogte toekennings weggestap tydens die SABBS Nasionale Skou 2016 wat in Windhoek aangebied is. Die hondeskou van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging (SABBS) is uitsluitlik vir boerboele. Ritzy is in Bloemfontein in Suid-Afrika gebore. Sy is tydens 'n hondeskou vir boerboele in Upington ook as junior kampioen in die ouderdomsgroep 9 tot 12 maande aangewys. Hier is Ritzy ook as klaswenner aangewys.
“Sy is ? baie liefdevolle hond en wil net speel,” sê haar eienaar, mnr. Ben Lange. Tydens die SABBS-hondeskou is Makulu Laaine Diesel as die hond van die jaar aangewys. Delatro Cassablanca was die junior kampioenteef en Makulu Laanie Zeus is as die junior kampioenreun aangewys is. Makulu Laanie Diesel het met die louere as die senior kampioenreun weggestap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie