Riviere styg nie meer
Riviere styg nie meer

Riviere styg nie meer

Hidroloë meen riviervlakke was vanjaar uitsonderlik gewees en het digby historiese vlakke gedraai.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Alhoewel die vlakke van die Kavango- en Zambezirivier tans nie verder styg nie, sê Namibië se hidrologiese dienste dat die huidige vlakke uitsonderlik hoog is en ‘n ernstige impak kan hê.

Dit volg nadat dié riviere se vlakke vanjaar kort voor sy historiese rekordvlakke weer begin daal het, terwyl hidroloë nie verwag vorige vloedrekords sal nou meer behaal word nie.

Volgens die vloedverslag, wat Dinsdag (21 April) uitgereik is, kry die oostelike vloedvlaktes van die Zambezirivier steeds water in en is daar ‘n sterk terugvloei van water na die Ngoma-brug. Satellietfoto’s wys daar is vloedwater in die boonste en oostelike vloedvlaktes van die rivier.

Terselfdertyd vloei die Zambezirivier by Katima Mulilo vir ‘n paar dae lank reeds 7,05 m hoog.

Die rivier het op 10 April 1969 ‘n rekorddiepte van 8,16 m by Katima Mulilo bereik.

Die Kavangorivier se vlak by Nkurenkuru, asook Rundu, is besig om te daal en het op Woensdag op onderskeidelik 3,87 m en 7,56 m gestaan. By die Divindu-brug het dit 4,83m diep gevloei.

’n Rekord is op 8 April 1969 aangeteken toe die rivier die 8,9 m-merk by Rundu bereik het.

Die Choberivier by die Chobe Water Villas het Dinsdag 6,58 m diep gemeet, terwyl die Kunene se vloei ook daagliks afneem en Dinsdag teen 508,5 m³ per sekonde by Ruacana gevloei het.

Die hidrologiese dienste waarsku gemeenskappe in die Kavango-Wes en –Oosstreek, asook in die Kunene- en Zambezistreek om bedag te wees op moontlike vloede en die nodige voorsorgmaatreëls te tref.

DAMME

NamWater se jongste damverslag toon dat onlangse reën nie tot ‘n invloei van water in nasionale damme gelei het nie.

Dit is met uitsondering van Windhoek se Goreangabdam, wat 0,047 Mm³ (miljoen kubieke meter) water die afgelope week gekry het en vanaf 100,3% vol verlede week na 101,5% gestyg het.

Die Neckartaldam – tans Namibië se grootste – hou tans 10,36% water. Verlede jaar dieselfde tyd het dit 2,29% water gehad.

Die drie damme wat vir Windhoek en sentrale dele van die land van water voorsien, hou tans gemiddeld 83% water teenoor verlede jaar dieselfde tyd se gemiddeld van 20%. Die Von Bachdam is die volste op 97,3%, terwyl die Swakoppoortdam 86,1% water hou en die Omatakodam 62,7% vol is.

Die Hardapdam bevat tans 130,487 Mm³ water en is 44,3% vol, terwyl dit verlede jaar 23,3% water oorgehad het. Die Oanobdam is die Suide se volste teen 95,4%, gevolg deur die Nautedam wat 82,4% water hou. Die Dreihuk- en Bondelsdam se stand is onderskeidelik 15,3% en 46,1%.

Die Suide se damme hou tans gemiddeld 54,8% water, waar dit verlede jaar dieselfde tyd gemiddeld 38,2% water oorgehad het.

Die Ooste se damme vergelyk heelwat beter as verlede jaar toe dit gemiddeld net sowat 2% water oorgehad het – dié damme hou tans gemiddeld 40,4% water.

Die Otjivero-hoofdam is tans 54,1% vol, met sy slikdam wat ook nog 22,5% water het.

Die Daan Viljoendam is die gebied se volste op 60,6%, terwyl die Tilda Viljoendam 38,5% water oor het.

Damme se nasionale gemiddeld is tans 55,9%, waar dit verlede jaar dieselfde tyd 29,3% was.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 28° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 19° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 21° | 33° Lubumbashi: 16° | 22° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!