RMB en Ohorongo se vennootskap versterk

Gerine Hoff
RMB Namibia het N$290 miljoen se oorbruggingfinansiering aan Ohorongo Cement voorsien om laasgenoemde toe te laat om Europese bankskuld te delg.
Daarmee saam het RMB Namibia se langtermynskuld aan Ohorongo met N$350 miljoen verleng en ook N$150 miljoen se bedryfskapitaalfasiliteite aan die sementvervaardiger beskikbaar gestel.
RMB Namibia is verantwoordelik vir die herstrukturering van Ohorongo Cement se finansieringspakket wat voorheen deur die Duitse Ontwikkelingsbank, die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsbank en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie bestuur is.
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het vroeg in die projek ’n belangrike rol gespeel en daarvoor aandelebelang in die maatskappy ontvang – ’n belang wat met die herstrukturering gegroei het.
FNB Namibia het ook N$100 miljoen se bedryfskapitaalfasiliteite voorsien vir die aanleg om aan die gang te kom.
Daarmee saam het ’n rits ander besighede in die omgewing rondom die aanleg ontwikkel, wat wissel van ontbossingsaktiwiteite en die vervaardiging van palette, tot vervoer- en spysenieringsbesighede wat werk aan meer as 300 Namibiërs voorsien.
Ohorongo Cement besit een van die modernste sementaanlegte in Afrika en die enigste een in Namibië.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!