Robbe nou gesonder, vrektes minder
Robbe nou gesonder, vrektes minder

Robbe nou gesonder, vrektes minder

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Buiten dat daar oor die afgelope twee weke ‘n drastiese afname in robvrektes opgemerk is, word al meer voltermyn robwelpies by Pelikaanpunt gebore.

Hulle is sterk en het ‘n goeie kans op oorlewing.

Só het Ocean Conservation Namibia (OCN) die afgelope Sondag op hul Facebook-blad gesê. Volgens die organisasie het die massavrektes onder Kaapse pelsrobbe oor die afgelope maande selfs internasionale nuus gehaal.

“Ons het voltyds saam met die Namibian Dolphin Project asook die beste wetenskaplikes oraloor die wêreld gewerk. Honderde monsters is geneem en na laboratoriums in Suid-Afrika gestuur. Dit, om te toets vir die teenwoordigheid van enige gifstowwe of siektes.

“Die mees waarskynlike oorsaak van die vrektes is hongersnood, maar ons kan nie ander moontlikhede uitskakel nie. Daarom word die toetse steeds gedoen,” het die organisasie geskryf.

“Die robwelpies wat onlangs by Pelikaanpunt gebore is, lyk sterk en gesond en hul ma’s lyk ook sterk. Ons het vandag ten minste dertig van hulle getel,” het OCN sowat ‘n week gelede op hul Facebookblad gesê.

“Daar sal vanjaar natuurlik minder van hulle wees as gevolg van die vrektes, maar . . . alles is nie verlore nie. Die natuur sal altyd weer opstaan!”

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!