Robberts bly in aanhouding
Mnr. Daniel Robberts, wat verlede week na bewering sy vriend op Swakopmund verwurg het, se saak is tot 18 Mei uitgestel.
Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69), Donderdag op Swakopmund verwurg het.
Robberts het gister in die landdroshof op dié dorp verskyn.
Staatsaanklaer Cleopatra Boois het die borgaansoek teengestaan.
“Borgtog moet nie toegestaan word nie, omdat die klagte van ernstige aard is. Dit is nie in die belang van die regbank nie en die beskuldigde kan die ondersoek na sy vrylating beïnvloed,” het sy gesê.
Regter Nelao Brown het die saak uitgestel en aan Robberts verduidelik hy kan formeel om borgtog aansoek doen. Robberts wat sonder ’n prokureur opgedaag het, het aangedui hy het vir regshulp aansoek gedoen.
Hy staan tereg op klagte van moord, asook voertuigdiefstal. Hy het na bewering by Van Schalkwyk gebly en het hom glo ná ’n argument verwurg. Hy het daarna glo Van Schalkwyk se voertuig gesteel en dit op Walvisbaai aan ’n dwelmhandelaar vir dwelms verruil. Robberts het homself Vrydag aan die polisie op Swakopmund oorgegee.
Robberts het verlede jaar die Cycle4addiction-inisiatief begin om persone te help “om verslawing te oorkom”.
Hy beskryf homself as ’n voormalige dwelmverslaafde.
“Ek het vir amper tien jaar Crack-kokaïen en alkohol misbruik. Dagga nog langer,” het hy geskryf.
“Ek was al twee keer in ’n rehabilitasiesentrum en amper drie jaar in die tronk weens dwelmprobleme. Ek weet dwelms is verslawend en dit is moeilik om daarvan weg te bly, maar ek moes ’n besluit neem.”
Die saak is tot 18 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.
– [email protected]
FOTO
Die moordbeskuldigde mnr. Danie Robberts (36) gister in die landdroshof op Swakopmund. Foto Erwin Leuschner (AZ)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie