Robert Gabriel Mugabe: ‘’n Griekse tragedie’
Meningsvormers is dit eens die ontslape oudstaatshoof van Zimbabwe neem nie môre sy nalatenskap graf toe nie.
Denver Kisting – “Hulle sê die duiwel het vanoggend bedank – sedert Robert Mugabe daar aangekom het, gaan die plek glo verskriklik vinnig agteruit.”
Dié boodskap, loodswaar met emosie, het die afgelope week in die sosiale media die ronde gedoen. Dit was een van vele sedert die eertydse bevrydingsheld van Zimbabwe, oudpres. Robert Gabriel Mugabe, verlede Vrydag in Singapoer op 95 tot sterwe gekom het.
In die einste sosiale media soen ander sy spreekwoordelike voete vir sy rol in die bevryding van wat eens die vasteland se broodmandjie beskou is en hoe verbete hy sy spiere gebult het teen veral Westerse moondhede wat hom met allerlei sankies onsuksesvol tot orde probeer roep het. Om te sê sy dood is met gemengde gevoelens bejeën, is ’n feitelike waarneming van die situasie.
Pres. Hage Geingob is die afgelope week sonder einde gekasty oor sy lof aan die ontslape leier. So sterk het Geingob oor Mugabe se heengaan gevoel dat hy verlede Vrydag kort nadat die nuus soos ’n wêreldveldbrand versprei het by monde van sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, in ’n verklaring hulde gebring het. Nog was dit egter het einde niet: Die volgende oggend tydens Swapo se kieskollege se opening in Windhoek het Geingob afgevaardigdes ’n oomblik van stilte laat waarneem om die lewe van, in sy woorde, ’n ikoon te herdenk.
Stigterspresident Sam Nujoma het uiteraard nie agtergebly nie. Sy boodskap van medelye van so anderkant een minuut is deur die nasionale uitsaaier opgeneem en wyd uitgesaai.
Mnr. Graham Hopwood, direkteur verbonde aan die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), sê selfs ná sy dood saai “die Mugabe-kwessie” steeds uiterse verdeeldheid.
“So baie Namibiërs, insluitend die amptelike lofsangers, ignoreer die wrede terreur van sy heerskappy,” sê hy. Volgens Hopwood is Mugabe se destydse rol in die proses om kolonialisme en die wit minderheidsregering nek om te draai grootliks deur sy latere menseregtevergrype ongedaan gemaak.
‘AANVANKLIK 'N ONBEKENDE FAKTOR'
Prof. Nico Horn, ’n politieke ontleder en oudregsdosent, sê Mugabe “was aanvanklik ’n onbekende faktor in Zimbabwe”.
Horn sê hy het veral geen beduidende rol in die oorgangsregering van daardie land vertolk nie. “Die gematigde biskop Abel Muzerewa het eerste minister geword en Ndabaningi Sithole sy assistent. Die tussentydse regering het ’n belangrike rol gespeel om die wit minderheid te oortuig dat (’n) meerderheidsregering die enigste opsie is.
”Dit het die Lancaster-ooreenkoms teweeg gebring wat die weg gebaan het vir ’n internasionale skikking,” sê Horn. “Maar Muzerewa en Sithole is as uitverkopers gesien. Dit het die deur oopgemaak vir Robert Mugabe, ’n redelik onbekende in Zimbabwe maar gewilde leier in ballingskap.
”Toe daar gestem moes word, het Mugabe ’n wegholoorwinning behaal aangesien sy enigste sterk teenstander in daardie stadium, Josua Nkomo, net sowat ’n derde van stemme op hom kon verenig, sê Horn.
MATABELELAND-SLAGTING
Horn sê ná Zimbabwe se onafhanklikwording in die vroeë 1980’s het ongeveer 20 000 mense met hul lewegeboet toe Mugabe in Matabeleleland ’n inval van stapel gestuur het.
Dié mense se sonde was om die opposisie te ondersteun. Die soeklig – vernaam uit internasionale geledere – het kwalik op dié slagting geval.
“Die internasionale gemeenskap het feitlik geen aandag aan die moorde gegee nie,” sê Horn.
Hopwood sê dié aanval in 1982 is 'n reuseklad op Mugabe se naam. “Al sy vergrype terwyl hy aan bewind was, is so goed geboekstaaf dat jy ernstig selfmisleidend moet wees om dit nie te sien nie.”
Prof. Andries Bezuidenhout, vermaarde sosioloog en hoogleraar in ontwikkelingstudies aan die Universiteit Fort Hare, Mugabe se alma mater, sê uit Suid-Afrika: “Ek het met my studente en kollegas gepraat, veral mense van Zimbabwe. Almal praat oor gemengde gevoelens. Hy het hier studeer en beurse vir student gegee.”
Soos Horn en Hopwood sê Bezuidenhout “mense noem egter ook die menseslagting in Matabeleland wat aan die begin van sy regeertydperk gebeur het”.
Bezuidenhout sê die mense met wie hy gepraat het, wys ook op die feit dat Mugabe in die buiteland dood is “anders as soveel gewone burgers wat op die staat se vervalle gesondheidstelsel moet staatmaak”.
BELEID VAN VERSOENING
Mugabe het etlike lede van die vorige bedeling onder generaal Ian Smith in belangrike poste aangestel, sê Horn.
“Hy het later ook vrede met Nkomo gemaak wat vir etlike jare as een van twee visepresidente in Mugabe se kabinet gedien het.
Baie meningsvormers gee mekaar gelyk Zimbabwe het op sy dag onder Mugabe geblom. “Zimbabwe het aanvanklik as onafhanklike staat gedy,”sê Horn. Die kaartehuis het egter uitmekaar begin tuimel toe Mugabe ’n referendum oor ’n nuwe grondwet verloor het, sê hy.
Mugabe het toe sy gewildheid probeer herwin met sy omstrede grondbeleid om op wit boere se plase beslag te lê, vertel Horn. Die gevolg was ’n duur prys.
“Internasionale sanksies het die Zim-dollar se waarde so erg geraak dat duisendmiljoendollar-note skaars ’n inkopiesak kon volmaak.”
Horn sê Zimbabwe het nooit weer uit die as herrys nie. Ofskoon hierdie werklikheid het wyle Mugabe en sy trawante egter voort bly eet. “Zimbabwe het nooit van die terugslag herstel nie. Die Zanu-PF-elite het egter steeds hul hoë leefstyl gehandhaaf.”
Doodsklok lui in 2017
Horn sê: “Mugabe, eens die ikoon van Afrika se vryheidstryd, is uiteindelik in ’n staatsgreep deur sy voormalige visepresident, Emmerson Mnangagwa, vervang.
”Gewone Zimbabwiërs het lankal nie meer vir Mugabe as ’n held gesien nie. In sy eie land waar soveel as een derde van die bevolking in die buiteland woon en werk, word hy nie meer as ’n held gesien nie.”
Hopwood sê dit is duidelik die oorgrote meerderheid van Mugabe se slagoffers was swart. “So, die idee dat sy kritici net wittes en Westerlinge is wat kwaad is oor die grondkwessie, is ook belaglik.
“Die hartseer ding is dat hy Zanu-PF in sy eie beeld geskape het en daarom duur die wreedhede van sy heerskappy voort onder Mnangagwa. Ek voel so jammer vir my Zimbabwiese vriende – hulle het 40 jaar se aaklige wanbestuur gehad en dit blyk nie op te hou nie,” sê hy.
Uit Harare laat weet ‘n menseregteaktivis en ’n joernalis verbonde aan die staatsbeheerde Herald op voorwaarde van anonimiteit die twis tussen Mugabe se familie en die regering het nog tot laat dié week gewoed oor waar hy sy laaste rusplek moes vind – in sy nedersetting of in hul heldeakker. Een sê die rusie doen geen afstand van die feit dat leeggemelkte belastingbetalers nog ten duurste vir dié verrigtinge en die voorafgegane repatriasie van sy oorskot uit Singapoer moes pa staan nie. “Dis alles belastingbetalers se geld,” beklemtoon hy.
‘EK WEET NIE HOE EK VOEL NIE’
Me. Rikki Nathanson, ’n transvrou wat weens haar genderuitdrukking uit haar vaderland moes vlug en tans in die Verenigde State van Amerika (VSA) woon, sê by navraag: “So, Robert Mugabe is dood.
“Ek weet eerlikwaar nie waar om te begin oor my gevoelens oor die nuus nie. Al wat ek kan sê, is hulle is gemeng, dalk verward.
”Dit is geen twyfel Mugabe was die bevryder van ons nasie nie, maar bevryding was nie vir almal beskore nie,” sê sy.
Heteroseksuele mense het volgens haar aanvanklik ’n “stand van vrede” gesmaak, terwyl lesbiese, gay, biseksuele en transgendermense deur Mugabe met honde en varke vergelyk is.
Sy sê Mugabe het geen platform – hetsy ’n verkiesingveldtog, begrafnis of bruilof – onbenut laat verbygaan sonder om haatspraak teen LGBT’s te verkondig nie. “Ons is geslaan, geteister en in tronke toegesluit. Hy mag dood wees, maar sy nalatenskap leef voort. Die nalatenskap wat duisende van ons gedwing het om Zimbabwe te verlaat om fisiek, emosioneel, geestelik en finansieel te oorleef.”
Nathanson sê sy is verheug oor Mugabe se dood. Haar hart bly egter seer “omdat ek geen onmiddellike verligting vir die agtergeblenes voorsien nie”.
Dit was die afgelope week duidelik Mnangagwa vereer hom nog in toesprake vir sy bydrae tot die land se onafhanklikwording, sê Horn.
’n Gans ander weergawe is ander se werklikheid: “Die meerderheid van die brandarm Zimbabwiërs en uitgewekenes in buurlande kyk na die voormalige bevrydingsleier as ’n held in ’n Griekse tragedie: Van bevryder tot verworpe leier,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie