Rockfees is ’n reusesukses

Sanet de Waal
The River Rocks, die “mini-Camp Rock” wat die afgelope naweek by Farm Steinheim plaasgevind het, was volgens me. Evane Storbeck, die organiseerder en eienaar van Camping in Namibia, ’n reusesukses.

Ongeveer 150 mense het dié intieme saamtrek bygewoon en die musiek van onder meer Riaan Smit, Vaughn Ahrens en Jacob & Taylor geniet.

“Dit was warm deur die dag en die nagte was yskoud, maar dinge kon nie beter gaan nie!” het Storbeck gesê.

“Ons kan nie wag vir Camp Rock 2021 wat tussen 4 en 7 Maart plaasvind nie.”

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer