Roei-vir-renosters samel N$30 000 in
Roei-vir-renosters samel N$30 000 in

Roei-vir-renosters samel N$30 000 in

Altesaam N$30 820,45 is Woensdag aan die Red die Renosterfonds (SRT) deur die Auas ­Valley-winkelsentrum se bestuur oorhandig.

Die geld is deur die roei-vir-renosters-kompetisie ingesamel, wat tydens die winkelsentrum se laataand-inkopiegeleentheid op 28 Maart van 17:00 tot 20:00 aangebied is.

Vyftien spanne van ­verskillende ­maatskappye het vir die kompetisie ­in­geskryf.

Vrywilligers moes tydens die kompetisie op oefenmasjiene roei om geld vir die fonds in te samel. Auas Valley-winkelsentrum het N$50 geborg vir elke ­kilometer wat geroei is.

SCE Consulting Engineers, Classic Car Rental, Crossfit Plus 264, BA Mining cc, RMB Namibia, HOG Namibia, HOG Tsumeb, Excel Nutrition Africa, Taeuber & Corssen Namibia, Pick 'n Pay Auas Valley, Melanie – Fitness & Nutrition, asook Agra (wat hul span die Rowing Rhino Rebels genoem het) het spanne ingeskryf.

Agra se uitvoerende komitee het ook 'n span ingeskryf.

In totaal is 152 km geroei.

Elke span het vier span­lede gehad en die inskryffooi was N$1 000.

SCE Consulting Engi­neers en Classic Car Rental het elk 'n bykomende N$2 000 geskenk, afgesien van die inskryffooi wat hulle betaal het.

Wordpress het deur hul span (genaamd CFP 264 Lions Pride) ook 'n bykomende N$1 000 geborg. Lapa Lange het N$1 000 geskenk.

“Vanjaar het die Red die Renosterfonds sy 35ste bestaansjaar herdenk. Dit het 'n klomp harde werk in 'n moeilike omgewing vereis om in dikwels uitdagende tye te oorleef. Die renosterbevolking se getalle het egter herstel ná hulle byna uitgesterf het,” het me. Hannelie Turner, SRT se woordvoerder en bestuurder van fondsinsamelings, tydens die tjek­oorhandiging gesê.

“Die fonds het renoster­stropery in die Kunene­streek suksesvol voorkom en sedert die ­stigting van die fonds het die streek se renoster­bevolking verdriedubbel. Sonder inisiatiewe soos dié wat deur die Auas ­Valley-winkelsentrum gereël is, kan ons dit egter nie doen nie,” het sy ­bygevoeg.

“Hierdie skenking sal gebruik word om ons veldradiostelsel op te gradeer. ­Kommunikasie is die sleutel tot ons sukses in die veld, daarom is ons baie afhanklik van veld­radio's om renosters ­doeltreffend te monitor en patrollies te doen.”

Auas Valley se laataand-inkopiegeleenthede vind vier maal 'n jaar, of een keer elke seisoen plaas.

Tydens die ­geleenthede word verskeie ­produkte teen spesiale pryse aan­gebied en sommige winkels bied tot 50% afslag op sekere items aan.

Dié keer was die tema “Paasfees” met 'n fokus op gesondheid, fiksheid en leefstyl.

Wakandume Trading het prettige ­aktiwiteite vir kinders aangebied, soos ponieritte en ander vermaak.

Die Namibiese bloedoortappingsdiens (NBTS) was daar en vrywilligers het bloed geskenk.

Volgens die NBTS het hulle genoeg bloed tydens die geleentheid ingesamel om 117 lewens te red.

Ses mense het tydens die geleentheid vir die eerste keer bloed geskenk en verskeie skenkers was dankbaar vir die gerief om ná werksure bloed te kon skenk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!