Roete deur tuin van
In die voorjaar van 2017 strek die reis na nêrens deur die tuin van Eden. Op die Saterdagoggend was die bagasie min, want die vrag was in Windhoek afgelaai waar die hoë sipresse groei. Om verbrand te word met net die as wat soos stof in die westewind moet waai. Al reisgenoot was 'n gemoed nakend voor sy God.
Tussen Windhoek en Okahandja kry die aarde seer waar die padmakers na die rots soek om 'n hoofweg te bou. Op regs lê die jong berge waar sweeftuie eens die wind gebruik het om die goeie aarde te verken. Lank gelede het 'n veldbrand daar gewoed met twee seuns wat gehelp het om met nat sakke die bietjie te red wat vir 'n vreemdeling oorgebly het. Vandag is die landskap met 'n groen kombers toegetrek met duwweltjies wat as rangskikking geel in die toonvenster van die Skepper staan.
Bo die gedreun van die masjien kom weer die skor stem oor die telefoon in die lanfer van 'n Maandag as die dertiende kerf op die stok van Maart.
“Dis verby!”
Aan na Okahandja en verby tot waar 'n reënvoël sy koers vir die dag verken. Net een om as verspieder vir die reënwolke van die dag te dien. Daar by Die Rots het die landskap sy gasie gekry, maar op plekke in die weste moet die gieter van die wolke nog 'n verskroeide landskap laaf. Net dalk is dit sy taak om die reënweer daar te kry. Net dalk die laaste keer.
Die teerbaan het diep gesny waar die roete deur 'n jong heuwelland lei. Dis die plek waar al in bang nagte teen koedoes en gemsbokke in ligstrale van die tegnologie gewaak is. Dis ook die gebied waar bobbejaantroppe tot teenaan die padskouer na weggooigoed kom aas het. Dalk net 'n appelstronk of 'n harde korsie, want die akker se spens was leeg. Vandag is keesland se mense nog daar, maar net as verspieders op heiningpale wat die meetsnoere vir eienaarskap van die eens barre aarde gevorm het. Vir almal is daar weer genoeg, want die bitterbos se wortels was sponsvet met 'n soetigheid wat in 'n bynes van 'n sukkelkransie gesteel is. En die uintjies groei weer waar die spruit 'n sandbank gespeel het. Dis ook 'n plek waar 'n mensevinger sy onthou van lank gelede opnuut kan opteken. Of 'n plek waar kinderbeelde in strepieskuns uitgebeeld kan word.
Ry maar vandag in vrede verby.
Leer my dan berusting, Heer!
By 'n plaasafdraai staan 'n bokwagter wuiwend met sy aanbod van veldsampioene. Gaan eers aan, maar draai dan om om sake met die haas eentalige verkoopsman van die bos te doen. Op die dag is sy aanbod groot en sy pryse hoog, want daar moes opgestaan word terwyl 'n eie oorgroeide kroos nog geslaap het voordat sonbesies as hul wekkers kon dien. Voordag moes hy by sy oesland staan om die koedoes, die duikers en die steenbokke in die oes van hul veld te laat deel.
Seer is die aantog na Karibib, want 'n wit roof smeek om salwing waar mense na die skatte van die rots kom dolwe het. Marmer, graniet en 'n entjie verder selfs goud. Gaan die soetdoring ooit weer oor die letsel groei?
By Karibib se tappunt staan die mense die afrit se ruimte vol. Nie net vir brandstof vir die reis nie, maar ook om uiting aan 'n wens te gee om op dié dag op 'n ander plek te wees. Net reisigers na nêrens op 'n dag toe die pik en graaf neergelê kon word. Soos ook ek op hierdie dag.
Aan na Usakos en verby die kerkhof waar die blinkhaar op 'n windjie wag om temmers in hul laaste rusplek te streel.
Aan deur die afskuwelike skoonheid van die Namib en dan die see.
Want wat ken ek anders?
In die herfstyd van die lewe het baie goed van my afgeval soos blare van 'n boom.
Net die alleenspraak bly. God het nie verander nie.
Want in die uur van verlange het net een woord oorgebly.
Koebaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie