Roete deur veld wag in die maanlig
Roete deur veld wag in die maanlig

Roete deur veld wag in die maanlig

Fiksheid
Andrew Poolman
Farm Windhoek Fitness bied Vrydag om 18:00 die laaste Moonlight Run van die jaar by IJG Trails aan.
Die Moonlight Fun Run is ’n 8 km of 5 km enkelspoorpaadjie in die bos onder die lig van die volmaan wat gedraf of gestap kan word.
Aanlyn registrasie sluit vandag om 17:00. Die koste van deelname beloop N$50 per persoon indien betyds geregistreer word. Betalings en laat registrasie kan môre vanaf 16:30 tot 18:30 by Farm Windhoek Fitness, IJG Trails in Otjiverostraat, Kleine Kuppe gedoen word. Neem kennis dat laat registrasie op dié twee dae N$80 per persoon beloop.
Van deelnemers word verwag om Vrydag vanaf 16:30 hul nommers te kom afhaal.
Deelnemers mag ’n koplampie of flits saambring. Dit word sterk ­aangeraai dat goeie drafskoene gebruik word. Dit mag dalk koud wees die aand en ligte reën is moontlik en dus kan warm klere handig te pas kom.
Warm kos en verversing sal die aand verkoop word en vuurtjies sal vir geselligheid aangesteek wees.
Die Moonlight Fun Run word trots geborg deur Coca-Cola – MONSTER en prystrekkings word geskenk deur Oukulele Day Spa, Africa Safari Lodge, Safari Hotel, Stellenbosch Wine Bar, Healing Earth, The Biltong Shop, Nanodog.com, Happy Me, Food Lovers Market Kleine Kuppe, TH Sport Massage, Digital Eye Security, Haircraft en OSHO Deep Tissue Massage van Brigitte Bartsch.
Meer inligting kan op die Facebook-blad van Farm Windhoek Fitness of by www.farmwindhoekfitness.com verkry word. Rig gerus ook navrae per e-pos aan [email protected], of Leoni van Rensburg (koördineerder) by 081 127 113.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!