Roete oor berge is daar om geniet te word
Roete oor berge is daar om geniet te word

Roete oor berge is daar om geniet te word

Bergfietsry
In die sewende be­staansjaar van die byeenkoms spring 54 bergfietsryers vandag weg in die driedaagse Marathon Sugar 3Passes toer.

Die mikpunt het sedert die ontstaan in 2013 dieselfde gebly, naamlik om vir bergfietsryers 'n geleentheid te bied om hul persoonlike grense uit te daag – sonder 'n resies teen die horlosie of teen enige ander individu, sê die stigter, Johan Fourie.

“Dit het begin toe ek die behoefte raakgesien het onder al daardie groep getroue ryers wat altyd die getalle volmaak sonder dat hulle die podium haal of kategoriepryse wen.

“In die 3Passes kan hulle hulself uitdaag om die langste afstand nóg te ry, of die langste en steilste opdraand. Verlede jaar is temperature van tot 52 grade gemeet en saam met supersterk wind was dit iets geweldigs.

“In dié byeenkoms word elke ryers, asook die ondersteuningsvoertuie wat ewe lang ure insteek, met pryse beloon. Bo alles is dit 'n geleentheid saam vir die familie en om ons land se natuurskoon te geniet, soos die leuse van ons hoofborg Marathon Sugar verklaar, 'Share life's sweet moments'.”

Ondersteunende borge soos Superspar The Grove, Santam, die gasteplase Namibgrens en Rooisand is almal ook reeds sedert die ontstaan van die 3Passes-toer betrokke.



ROETE

Net soos verlede jaar strek die roete oor vier van Namibië se bekendste bergpasse, naamlik Gamsbergpas, Kuisebpas, Gaub en Spreetshoogte. Dag 1 volg die grondpad teen Gamsbergpas af en eindig by Rooisand Desert Ranch, wat vir die eerste twee dae die ryers se blyplek is.

Op dag twee het ryers 'n keuse of hulle die Kuiseb- of Gaubpas, óf albei, wil aandurf, afhangend van die afstand waarvoor hulle kans sien. Die eindpunt is weer by Rooisand Desert Ranch.

Dag 3 bied 'n keuse van verskeie beginpunte, weer eens afhangend van elke ryer se gekose afstand, wat meestal distrikspaaie asook 'n 30 km skof van Jeep-spoor deur plase insluit. Die baie uitdagende Spreetshoogtepas word bestyg, voor die eindpunt by Namibgrens gasteplaas bereik word.

Spreetshoogtepas is die grootste uitdaging van die naweek, met 'n klimhoogte van omtrent 450 meter binne 4 kilometer.

Die rit kan dus in enige formaat aangepak word, hetsy solo of in aflosspanne van enige grootte.

Ondersteuningsvoertuie kan die hele pad agter die ryers bly en dit help motiveer die deelnemers verder.

Die toer se eerste skof begin vanoggend om seweuur, sowat 35 km buite die hoofstad op die Kupferbergpad. Benewens die 54 ryers is die volle groep saam met die ondersteuningsvoertuie omtrent 92 mense.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!