Rohrmüller baat by Rusch-glipsie
’n Tydboete het verlede jaar se reekskampioen op die eerste naweek die wenpunte gekos.
Tielman van Lill - Die Namibiese Enduroklub het laas Saterdag sy eerste van sewe nasionale kampioenskapsbyeenkomste op die plaas Vaalgras 45 kilometer wes van die hoofstad aangebied.
Sherco Motorcycles en BEEBAD-energiedrankies tree vanjaar as dié klub se amptelike borge op.
Drie-en-vyftig deelnemers het Saterdagoggend vroeg die pad na die Khomas Hochland gepak om ’n moeilike en uitdagende roete vir hul eerste kampioenskapspunte te gaan baasraak.
Ope klas (4x30 km)
Oliver Rohrmüller het teen Quinton van Rooyen in dié topklas geseëvier, terwyl Nickle Visser die derde plek voor Henner Rusch, die verdedigende kampioen, kon opraap. Rusch, wat die vier rondtes in 3:48:19 voltooi het, het ’n lywige tydboete van 20 minute vir die tweede ronde ontvang en het sodoende sy eerste posisie aan Rohrmüller afgestaan.
Ondersteuningsklas (3x30 km)
Keanu Weber-Trianus kraai in die afdeling koning gevolg deur John Simpson en Sean Kemp. Rhys Cragg en Shane Levy het dieselfde paadjie as Rusch met ’n twintigminuuttydboete geloop en hul tye is onderskeidelik van 3:04:48 en 3:17:23 na 3:24:48 en 3:37:23 aangepas.
Meesters (3x30 km)
Vir die ouer manne was die aanslag van Ronald Geiger (eerste) en Ofer Babluti (tweede) een te veel. Gero Bajorat is vir ’n fout in die tweede rondte met twintig minute gestraf en hy het nie die derde rondte vir ’n eindresultaat voltooi nie.
Ontwikkelingsklas (3x25 km)
In dié afdeling was die mededinging tussen Horst Becker en Rainer Baas straf met net 28 sekondes wat die eerste en tweede plek van mekaar skei.
Becker raap sy eerste oorwinning vir 2020 op met Baas tweede en Peter Weber derde. Foute kom deelnemers duur te staan. Nog ’n slagoffer van ’n twintigminuuttydboete is Anrich Louw wat sy derde plek (3:10:57) afstaan en met 3:30:57 tevrede moet wees.
Juniors (1x25 km)
Die beginnersklas vir laerskoolkinders is deur André Barnard ingepalm met Zia Cooper tweede en Jansen Rossouw derde.
Die individuele tye per klas:
Ope: 1 Oliver Rohrmüller 3:50:27, 2 Quinton van Rooyen 3:59:15, 3 Nickle Visser 4:06:38.
Ondersteuningsklas: 1 Keanu Weber-Trianus 2:37:39, 2 JD Simpson 2:54:39, 3 Sean Kemp 2:58:46.
Meesters: 1 Ronald Geiger 3:30:49, 2 Ofer Babluti 4:33:23.
Ontwikkelingsklas: 1 Horst Becker 2:53:18, 2 Rainer Baas 2:53:46, 3 Peter Weber 3:12:01.
Beginners: 1 André Barnard 1:38:04, 2 Zia Cooper 1:47:36, 3 Jansen Rossouw 2:16:27.
• Die volgende byeenkoms is geskeduleer vir Usakos (18 April), gevolg deur Lichtenstein (13 Junie), Uis (11 Julie), Neu Heusis (8 Augustus), venue onbekend (19 September) en Koperberg (17 Oktober).
• Die Enduroklub se nuut verkose uitvoerende komitee vir die volgende twee jaar is Shane Levey (voorsitter), Theo Becker (ondervoorsitter), Oliver Rohrmüller (sekretaris) en Maike Bochert (tesourier).
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie