Rolu00e9 middelpunt van puik vertonings
Rolu00e9 middelpunt van puik vertonings

Rolé middelpunt van puik vertonings

Perdesport
Tielman van Lill
Die Sentraalstreek van die Namibiese Saalperdvere­niging het die afgelope naweek ’n spoggeleentheid by die Rolé- ruiterkunssentrum by Brakwater aangebied waar meer as 70 perde van verskillende rasse meegeding het.
Daar was altesaam 187 inskrywings deur 62 vertoners in 47 ver­skillende klasse. Geleentheid is dus aan almal gebied om deel te neem. Junior ruiters van alle ouderdomme kon aan verskillende klasse deelneem waar perd en ruiter afsonderlik beoordeel is sodat beide hul onderskeie talent en vernuf in die dissipline kon vertoon.
Die saalperde het vir nuwe opwinding gesorg met die eerste medaljeklasse wat ná vele jare weer op ’n Namibiese skou aangebied was. Hier het Zonnika Cilliers die driegang in die medaljeklas op El Salvador gewen, terwyl Ilde Aggenbach op Cider Time die medaljeklas in die vyfgang-afdeling opgeraap het.
Cilliers op El Salvador was ook as die Saalperd Driegang Tienerryperdkampioen aangewys en op Desert Thunder as die Saalperd Vyfgang Tienerryperdkampioen. Die Alle Ras Driegang Tienerryperdkampioen was Rainer Visser op Easy On My Mind.
Carina Visser op Yanwil Theodora was nie net die wenner van beide die Fries o.18 Driegang-kinderryperd en Kinderruiter klasse nie, maar was ook die wenner van die Fries Driegangkampioenskap.
Maltrap Moonlight, met Callie Swanepoel as vertoner, was die wenner van die Alle Rasse Driegangryperd, met Merlot en Angela Dau-Pretorius as die wenner van die Alle Rasse Vroue Driegangryperd. In die Alle Rasse Driegangkampioenskap was Shaykh Barani met Pieter Burger as vertoner die algehele wenner.
Top Attraction, met Sakkie van der Merwe, was die wenner van die Western Plesierperdklas. In die Western dresseer-klasse was Elke von Maltzahn op Top Choice die wenner by die seniors en Tabea Kiekebusch op Tambaku die beste van die juniors.
Saterdagnamiddag het Mark en Miranda Lyon van M & M Horsemanship, al die pad uit Amerika, die toeskouers in vervoering gehad met ’n demonstrasievertoning op twee Quarter Horses. Vernuf, krag en beheer was die basis waarop die unieke vermoëns van hierdie spesiale perde ten toon gestel was.
Die Arabiese Kostuumklas was nog een van vele nuwe klasse waar die Arabiere met glans en swier die skare vermaak het. Shaykh Sharwan, met Jacbus Roux was hier die wenner.
Die Saalperd Driegangkampioen was Secret Stonewall met Michelle Oosthuizen as vertoner en Watch the River Dance met Pieter Schreuder, as Reserwekampioen.
Die hoogtepunt van die aand vir die toeskouers was die Saalperd Vyf­gangkampioenskap. Hoe harder die toejuiging van die skare, hoe beter het die perde vertoon. To Be Continued, met Pieter Schreuder as vertoner, was hier die kampioen met Advocator’s Dream en Pieter Burger as reserwekampioen.
Die organiseerders bedank graag die volgende borge vir hul bydrae tot die sukses van hierdie geleentheid. Hulle is Aneen Graupe Photography, Annatjie Visser, Avani Windhoek Hotel & Casino, Bean Juice Bistro, Catamaran Charters, De Vlinder, Elmarie Cilliers, Gardenia Landscaping, Hanli Kirchner, Pote Gesin, Rolé Equestrian Centre, Sophia Hattingh, Tania's Nail Boutique, Tienie Gous, Vintage Coffee Shop, Voermeester en WesBank.
Perderuiters, eienaars en liefhebbers word nou reeds genooi na die Huldefees en Sentraal-streekkampioenskap wat vir 20 tot 22 Oktober beplan word en wat beloof om opnuut ’n spoggeleentheid te wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!