Rolbalklub veg vir voortbestaan
Tradisie van tagtig jaar is deel van die rolbalbaan van TransNamib.
Yolanda Nel - Spelers en lede van TransNamib-rolbalklub was vanaf 18 Februarie tot gister onseremonieel uit hul klubhuis gesluit.
'n Week nadat rolbaltoerusting ter waarde van honderde duisende Namibiese dollar by die klubhuis van die TransNamib rolbalklub (TNRC) toegesluit is en die slotte verander is, was die nasionale karweier TransNamib gister ná 'n suksesvolle hofbevel verplig om die sleutels aan die klub terug te besorg.
Die huurkontrak tussen TransNamib en TNRC is vir etlike jare reeds 'n twispunt.
Dié klub het in April 2012 'n brief ontvang wat hulle ingelig het van 'n private-openbare vennootskap (PPP) tussen TransNamib en Afrikuumba Construction. Die vennootskap wat onder die vaandel as Fixture Property Investment (FPI) handel dryf, het beplan om 'n ontwikkeling bekend as Station Plaza op die klub se gronde te ontwikkel.
Mei 2013 is as die datum gegee waarop die konstruksie sou begin, maar dié datum het gekom en gegaan sonder dat enige teken van konstruksie plaasgevind het. FPI het toe vir TNBC ingelig dat hulle steeds die venue op 'n maand-tot-maand grondslag kon huur totdat die klub anders ingelig word.
Mnr. Carel Gouws, waarnemende president van die TNRC, sê hulle het geen instruksie ontvang om die perseel te ontruim nie.
“Ons het geen huurkontrak vir die maand-tot-maand reëling ontvang nie, maar was aangesê om steeds die maandelikse huur te betaal. Sedertdien het ons minimale onderhoud gedoen, want ons is nie bereid om geld aan 'n plek te bestee waar die klub nie meer vir lank gaan wees nie,” het Gouws verduidelik.
In Mei 2019 het oorlede Will Esterhuizen, toe president van die TNBC, dit in 'n skrywe aan die hoofbestuurder van FPI duidelik gestel dat geen ontwikkeling op die perseel gedoen is nie en dat geen huurooreenkoms tussen TNBC, FPI of TransNamib bestaan nie.
Esterhuizen het FPI toe gevra om 'n kontrak tussen die twee partye te bewerkstellig.
Volgens Gouws was Theunis van Zyl, die hoofbestuurder van FPI, baie behulpsaam en 'n kontrak is opgestel. TNBC het vir 'n verlenging van vyf jaar gevra.
“Ons was egter van 1 Junie 2019 net 'n jaar tot einde Junie 2020 gegun. Die kontrak het in werking getree toe TNBC die ooreenkoms geteken het en nie die verhuurder nie,” sê Gouws.
Ten spyte van die kontrak was TNBC by twee geleenthede geteister om die perseel te ontruim, naamlik in Augustus 2019 en weer in Januarie vanjaar.
“Toe die slotte verlede Woensdag ten einde laaste oopgesluit was, is ons opnuut beveel om die perseel teen die einde van Maart te verlaat. Dit terwyl die ooreenkoms tot die einde van Junie 2020 geldig is,” vertel Gouws.
'n Brief van TransNamib gedateer 20 Augustus 2019 aan die TNBC lees soos volg.
“Ons is jammer om julle in te lig, maar TransNamib het met onmiddellike effek dringend die rolbalbaan en omliggende geboue vir sy eie gebruik nodig.”
Volgens die brief van TransNamib was die kontrak tussen hom en die TNBC nie meer geldig nie.
Luidens 'n tweede brief van TransNamib op 21 Oktober 2019 aan die TNBC, moes laasgenoemde die volgende dag die sleutels oorhandig.
“As die sleutels nie aan TransNamib oorhandig word nie, het TransNamib geen ander keuse nie as om die slotte te verander en beheer van die eiendom te neem,” het die brief gelees.
Volgens Gouws het die heen-en-weer gekibbel tussen die klub en TransNamib verreikende gevolge gehad. In die week wat die klub uitgesluit was, kon lede nie oefen nie en die rolbalbaan het agteruitgegaan.
“Die gras is nou te lank en dit sal 'n hele paar keer gesny moet word om die regte lengte te bereik,” het hy gesê.
TransNamib is een van die klubs wie se spelers die meeste internasionale medaljes vir Namibië ingeoes het en lede voel meer moet gedoen word om dié sport te ondersteun.
“Rolbal ontvang geen geld van die regering nie. As ons iewers wil deelneem, kom dit uit ons eie sakke en dit kos baie geld om internasionaal deel te neem.
“Die beste van alles is dat Namibië volgende jaar 'n internasionale kampioenskap moet aanbied. Eros-rolbalklub se veld is tans die enigste wat aan internasionale standaarde voldoen, maar hulle self het uitdagings om te oorbrug,” het Gouws afgesluit.
Die TNBC gebruik die baan reeds die afgelope 80 jaar.- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie