Rolls Royce word blink gevryf
Rugby
Die voormalige Springbokke André Joubert en Kobus Wiese is eregaste by vanaand se opname van die gewilde Chat ’n Bietjie Ball rugbypraatjies.
Die geleentheid begin om 17:30 by die SKW-saal in Olympia. Tafels vir agt mense is steeds teen N$4 000 beskikbaar of enkelkaartjies kos N$500 en sluit ’n ete in. Skakel 083 383 3333 of stuur ’n e-pos na [email protected].
André Joubert, bekend as die Rolls Royce van heelagters, en die slot Kobus Wiese was spanmaats in die ikoniese Springbokspan wat in 1995 die eerste Wêreldbeker-trofee vir Suid-Afrika as gasheerland gewen het. Joubert het in beide die semifinaal teen Frankryk en die eindstryd teen Nieu-Seeland met ’n gebreekte hand gespeel.
’n Meer plaaslike gas vir vanaand se rugbypraatjies is JP Nel, hulpafrigter van die Windhoek Draught Welwitschias wat in sy speeldae ook die SA o.20-span en die Blou Bulle verteenwoordig het.
Die Chat ’n Bietjie Ball aanbieders Jonathan en Pottie behoort soos gewoonlik op hul stukke te wees, terwyl ’n optrede deur die bekende Afrikaanse sanger Robbie Wessels ’n trekpleister op sigself kan wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie