Rolspelers stil oor 'olie-ontdekking'
Energiesake
Augetto Graig – Internasionale mediaberigte oor Shell en sy vennote se olievonds onder die see in die omgewing van Lüderitz moet Namibiërs vir eers nie te opgewonde maak nie.
Volgens die ministerie van myne en energie se petroleumkommissaris, me. Maggy Shino, is dit te vroeg om enige afleidings te maak.
“In hierdie stadium kan nie die ministerie, óf Shell, óf Namcor, óf Qatar Petroleum, kommentaar lewer oor wat die internasionale mediahuise berig het nie.
“Ons is steeds besig met die Graff-1 boorwerksaamhede. Ons doel is om die bedrywighede veilig uit te voer om ons doelwitte te bereik en data van behoorlike gehalte in te samel vir 'n deeglike beoordeling van die blokpotensiaal. Die ministerie sal die volledige resultate bekend maak sodra die booroperasies afgehandel is – wat na verwagting binne die komende weke kan wees,” was haar volledige reaksie op Republikein se skriftelike vrae.
Namcor se uitvoerende hoofbeampte, mnr. Immanuel Mulunga, het aan ons susterkoerant Namibian Sun 'n soortgelyke antwoord gegee.
EKSPLORASIE SEDERT DESEMBER
Die staatsonderneming wag ook op resultate van voortdurende olie-eksplorasie in die Oranjerivier se uitmonding in die Atlantiese Oseaan aan die suidweste van Namibië.
Mulunga is vir kommentaar genader nadat Upstream, 'n tydskrif in die olie- en gasbedryf, vroeg verlede week berig het dat vloeistof uit Graff-1 verkry is. “Ons kan nie bevestig wat berig is nie. Ons sal teen die einde Januarie weet,” het Mulunga gesê.
Die Graff-1 boorwerksaamhede teiken ondersese reserwes van miljarde vate olie, volgens bronne in die olie-eksplorasiebedryf.
Namens Shell Namibia was me. Sally Wood se bondige antwoord aan Republikein dat die maatskappy op 'n veilige werkwyse voortgaan met sy bedrywighede by Graff-1 om die gestelde doelwitte te bereik en gehalte data vir evaluering te lewer.
Bronne het ook aan Namibian Sun versigtigheid aanbeveel aangesien die Graff-1 boorgat nog nie die teikendiepte bereik het nie en omdat Shell dan eers volledige inligting sal verkry om te kan vasstel of kommersiële hoeveelhede olie ontdek is.
“Daar is sekere geloofwaardige aanduidings dat daar ligte olie is, maar ek sou versigtig wees om woorde te gebruik soos dat dit kommersieel lewensvatbaar is,” het een bron gesê.
Shell het in Desember aangekondig dat hy met eksplorasieboorwerk in die Oranjerivierbekken begin. Die oliereus is vir die projek in vennootskap met Qatar Energies en elkeen besit 45% van die projek, terwyl Namibië se brandstof-staatsonderneming Namcor die ander 10% besit.
– [email protected]
FOTO
Namibië en die res van die wêreld sal moet wag op bevestiging of Shell ’n lewensvatbare oliebron in die see langs Lüderitz ontdek het. Foto shell.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie