Rommelstatus ís ons voorland, sê ekonome
Tito Mboweni, Suid-Afrika se minister van finansies, lewer vandag sy begrotingsrede en daar is 'n paar netelige kwessies wat hy sal moet aanraak.
Elvira Wood - Tito Mboweni, minister van finansies, kan vandag sê wat hy wil in sy begrotingsrede, dit sal nie keer dat die land se kredietgradering algehele rommelstatus bereik nie.
Verreweg die meeste van die 19 ekonome wat in aanloop tot Mboweni se begrotingsrede aan Netwerk24 se peiling deelgeneem het, sê hulle is seker dat Moody's Investors Service die land se kredietgradering vanjaar tot onder beleggingsgraad sal verlaag.
Moody's is tans die enigste van die drie groot kredietgraderingsagentskappe wat Suid-Afrika se randgedenomineerde skuld nog op beleggingsgraad het.
Dawie Klopper, beleggingsekonoom van PSG Wealth, meen tensy Mboweni “baie drastiese stappe aankondig oor beleidsverandering – soos 'n verlaging in maatskappybelasting en selfs in persoonlike inkomste-belasting; die onmiddellike verkoop van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en 'n daadwerklike plan om Eskom se skuld te herstruktureer – gaan niks wat Mboweni sê keer dat Moody's ons afgradeer nie”.
Mike Schüssler, ekonoom van Economists.co.za, sê hy dink “Suid-Afrika se finansies is só swak en die regering wil nie die realiteit aanvaar nie” dat Moody's die kredietgradering sál verlaag.
Prof. Danie Meyer, direkteur van die Noordwes-Universiteit se navorsingseenheid oor handel, dink ook Mboweni gaan sukkel om Moody's gelukkig te hou.
Abri du Plessis, ekonoom by Gryphon, is een van enkele ekonome wat dink daar is tog hoop vir Suid-Afrika. Hoewel hy nie dink Mboweni se toespraak op sy eie sal 'n afgradering keer nie, dink hy nie Moody's gaan tot dié stap oorgaan nie.
Eskom
Die groot olifant in die vertrek is sonder twyfel Eskom. Harmse verwag Mboweni gaan meer besonderhede oor die ontknoping van Eskom gee. “Dit sal die weg vir 'n private distribusienetwerk baan.”
Klopper verwag dat Mboweni “iets” sal sê oor hoe nodig dit is om “vinnig toestemming te gee sodat vordering met die verskaffing van groen krag gemaak kan word”.
Elna Moolman, ekonoom by Standard Bank, verwag egter nie dat Mboweni enigiets gaan sê oor Eskom, die beoogde staatsbank of selfs die staat se nuwe welvaartsfonds nie.
BTW
Die ander netelige kwessie wat baie aandag voor die begroting geniet, is of die koers van belasting op toegevoegde waarde (BTW) weer verhoog gaan word.
Die ekonome wat aan Netwerk24 se peiling deelgeneem het, is baie verdeeld hieroor.
Emile du Plessis, ekonoom by Finometrica, verwag die koers sal onveranderd gelaat word.
Ulrich Joubert, 'n onafhanklike ekonoom, meen daar is nie enige ruimte vir verdere belastingverhogings nie.
Jeff Schultz, hoofekonoom by BNP Paribas, verwag ook nie 'n verandering nie.
Schüssler verwag wel 'n styging van een persentasiepunt.
Chris Harmse, ekonoom by Rebalance Fund Managers, dink ook 'n BTW-verhoging van een persentasiepunt is op die tafel.
Abri du Plessis verwag selfs 'n verhoging van twee persentasiepunte. “BTW is die enigste belasting wat genoeg inkomste kan genereer om die begrotingstekort aan te vul.”
PERSOONLIKE
INKOMSTEBELASTING
Die meeste ekonome verwag nie dat persoonlike inkomstebelasting gaan styg nie. Die meeste verwag wel dat belastingkerwe onveranderd gelaat gaan word.
Dit beteken dat Suid-Afrikaners wat 'n salarisverhoging gekry het, in die komende jaar swaarder belas kan word indien hulle nou in 'n hoër belastingkerf val.
Schüssler sê die staat kan 'n ekstra R12 miljard op dié manier insamel.
Harmse verwag dat meer belastingkerwe geskep gaan word.
Christo Luüs, ekonoom by Ecoquant, meen egter daar is tog die moontlikheid dat die koers van persoonlike inkomstebelasting met drie persentasiepunte tot vyf persentasiepunte opgeskuif kan word, wat die top- marginale koers op tussen 48% en 50% tot stand sal bring.
STAATSLONE
Ten opsigte van die staat se loonrekening sê Schultz die staat en vakbonde het 'n driejaarooreenkoms onderhandel, wat beteken daar gaan nie enige beduidende aankondiging hieroor wees nie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie